PotchVet Care

PotchVet Care Dieregesondheid gefokus op kleindiere. Konsultasie/Bloed-analise/Chirurgie/Radiologie/Ultraklank fasiliteite beskikbaar. Bel asbseblief vir n afspraak.

Instap kliënte welkom, maar noodgevalle en afsprake sal voorkeur geniet. Tel: 081 078 1452

Chester het bietjie kom inkopies doen! 🐶Hy kon natuurlik nie ons winkel verlaat sonder sy nuwe Alpaca vriend nie! Kyk ne...
03/09/2026

Chester het bietjie kom inkopies doen! 🐶

Hy kon natuurlik nie ons winkel verlaat sonder sy nuwe Alpaca vriend nie! Kyk net hoe trots is hy op sy nuwe speelding! 🦙

Het jou woef ook ’n nuwe speelmaat nodig? 🐾
Ons het ’n verskeidenheid oulike en lekker speelgoed beskikbaar. Kom loer gerus in en kies vir jou viervoetige vriend iets spesiaals! 🛍️

Chester keur dit goed! ✅

Die warmer dae is oppad! ☀️🐾Soos die temperature begin styg, begin bosluise en vlooie ook weer hul verskyning maak. Moen...
26/08/2026

Die warmer dae is oppad! ☀️🐾

Soos die temperature begin styg, begin bosluise en vlooie ook weer hul verskyning maak.

Moenie wag totdat jou troeteldier begin krap of jy ’n bosluis sien nie, voorkoming is beter as genesing! Maak seker jou hond of kat se bosluis en vlooibehandeling is op datum. 🐶🐱

Bosluis en vlooibesmettings kan meer as net ’n irritasie wees en kan jou troeteldier se gesondheid ernstig beïnvloed.

Wees wakker, wees voorbereid en beskerm jou troeteldiere hierdie warmer seisoen! 🐾🌱

🐾 ’n Groot dankie aan Zoro, ons dapper hondjie, wat vandag bloed geskenk het en gaan help om ’n ander hond se lewe te re...
19/08/2026

🐾 ’n Groot dankie aan Zoro, ons dapper hondjie, wat vandag bloed geskenk het en gaan help om ’n ander hond se lewe te red. Jy is ’n ware held, Zoro! 🐶

Dis ’n maak of breek maand vir die pasiënte! Ons het hierdie maand al 3 woefies gehad wat besluit het om die breek-kant ...
13/08/2026

Dis ’n maak of breek maand vir die pasiënte!

Ons het hierdie maand al 3 woefies gehad wat besluit het om die breek-kant van die maand te toets. 🐶

Dit lyk of 4 pote hierdie maand uit voorraad is. 😂🙈

Gelukkig is hulle nou in goeie hande en op pad na 4 wiel dryf!🐾

🌸 Nasionale Vrouedag, 10 Augustus 🌸Ter viering van Nasionale Vrouedag sal ons praktyk op Maandag, 10 Augustus, gesluit w...
07/08/2026

🌸 Nasionale Vrouedag, 10 Augustus 🌸
Ter viering van Nasionale Vrouedag sal ons praktyk op Maandag, 10 Augustus, gesluit wees.

Ons sal slegs vir noodgevalle beskikbaar wees.

Dankie vir julle begrip. Ons wens al die wonderlike vroue 'n gelukkige en geseënde Vrouedag toe.

Die normale praktykure hervat weer die volgende werksdag.🐾

05/08/2026

🐾 ’n Vriendelike herinnering 🐾

Ons weet almal hoe lief mense vir hul diere is en dat almal net die beste vir hulle wil hê. Daarom hoor ons gereeld van boererate wat “altyd gewerk het”.

Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie. Wat vir een troeteldier gehelp het, kan vir ’n ander gevaarlik wees en soms selfs die probleem erger maak.

As jy onseker is oor jou troeteldier se gesondheid, gee eerder vir ons ’n oproep of vra jou veearts vir raad voordat jy iets probeer. Dit kan jou troeteldier baie pyn en onnodige komplikasies spaar.

Ons is so trots op Stephanie!🐾Stephanie het al ’n paar chemoterapie-sessies dapper aangepak en elke keer wys sy vir ons ...
04/08/2026

Ons is so trots op Stephanie!🐾

Stephanie het al ’n paar chemoterapie-sessies dapper aangepak en elke keer wys sy vir ons wat ware moed beteken. 🐶

Al is die pad nie altyd maklik nie, bly sy haar stert swaai, liefde gee en elke dag met ’n dapper hart aanpak. Sy is ’n ware inspirasie vir almal by die praktyk.

Ons wil ook vir haar eienaars bedank vir hul liefde, toewyding en ondersteuning deur hierdie reis. Julle maak ’n groot verskil.

Stephanie, ons almal by die praktyk is ongelooflik trots op jou. Hou aan veg, ons staan elke tree van die pad saam met jou. ❤️🐾

By ons spesialiseer ons nie net in honde en katte nie, soms kom kuier eksotiese diere. Met sekere beperkings doen ons al...
30/07/2026

By ons spesialiseer ons nie net in honde en katte nie, soms kom kuier eksotiese diere. Met sekere beperkings doen ons alles moontlik om elke dier die beste sorg en behandeling te gee. 🐶🐱🐇🦔
Kontak ons gerus indien jy onseker is of ons jou troeteldier kan help. Ons staan gereed om na die beste van ons vermoë te help.

Sonic die Krimpvarkie🦔

🐾 "Rickets" en beenontwikkeling by hondjies. Wees bewus! 🐾Die hondjie se bene draai na buite as gevolg van ’n voedingswa...
29/07/2026

🐾 "Rickets" en beenontwikkeling by hondjies. Wees bewus! 🐾

Die hondjie se bene draai na buite as gevolg van ’n voedingswanbalans tydens sy groeifase. Dit beklemtoon hoe belangrik die regte voeding vir ’n groeiende hondjie is.

Groot en reuseras hondjies (soos Great Danes, Boerboele, Rottweilers, Labradors ens.) behoort ‘Large Breed Puppy’ kos gevoer te word tot uitgegroei tussen 18 en 24 maande. Hierdie diëte is spesiaal saamgestel met die korrekte balans van kalsium, fosfor en energie om gesonde beenontwikkeling te ondersteun. 🦴

Moenie ekstra kalsium-aanvullings gee of sommer van kos verander sonder veeartsenykundige advies nie. Te veel kalsium kan ernstige been- en gewrigsprobleme veroorsaak‼️

Let op vir tekens soos:
• Bene wat krom of na buite draai
• Moeilike beweging of mankheid
• Stadige of abnormale groei

🐾 Die regte voeding vandag kan ’n leeftyd se gesonde beweging môre beteken.

23/07/2026

Tel vroegtydig hartversaking op: Tel die asemhaling in n slapende rustige hond per minuut.
Indien onseker maak afspraak en bring vir ondersoek.
Oulike Video oor resting repiratory rate.

Address

5 Palmiet Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when PotchVet Care posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to PotchVet Care:

Shortcuts

Share

Category