Nola's Schnauzer Lodge

Nola's Schnauzer Lodge Nola’s Schnauzer Lodge
CLOSED FOR NOW
Sleepovers Daycare
Weekends Holidays
Puppies older than 12 weeks We offer a home-away-from-home experience.

Nola’s Schnauzer Lodge

🐾I am a Schnauzer mom and I pour my heart and soul into my Schnauzer Lodge 🐾

Take a Vacation with peace of mind while your dogs visit my Schnauzer Lodge. Dogs play in the garden, lie on the couches if they want to and sleep inside the house at night. No cages or pens, they are free to enjoy themselves as if at their own home. Your doggies can expect

ꙮ Personal inter

action in a
homely environment
ꙮ Emotional stimulation
and Play
ꙮ Large garden to frolic
in
ꙮ Tons of love for every
Doggie

Sterilized, socialized, fully inoculated and dewormed Mini Schnauzers welcome. All dogs need to be socialised so that they have a safe and secure visit. These requirements ensure that all animals are able to maintain and develop a stable immune system while in a communal dog environment.

🐾Take your well deserved break with peace of mind as they are under constant supervision🐾








Nola 0829778115
[email protected]
WierdaparkX2
Centurion
Pretoria

https://www.facebook.com/profile.php?id=100063491083329

Week 35 RiyadhAmper naweek! Die Vrydag gevoel is hier!Wat 'n week was dit nie gewees nie veral naweek!Sjoe!Vrydag begin ...
07/08/2025

Week 35 Riyadh
Amper naweek!
Die Vrydag gevoel is hier!
Wat 'n week was dit nie gewees nie veral naweek!
Sjoe!

Vrydag begin heel rustig met Jan wat admin doen en ek maak een van my rokke se moue korter, sommer met die hand want ek het nog nie 'n masjien nie en ek wil graag, dis warm en lang moue werk glad nie🤭

Ons het hier in die compound 'n "club house" en hulle het dit weer bietjie hernuwe gedurende die laaste maand en natuurlik sal die Saffas dit eerste boek vir 'n braai om dit in te wy🇿🇦
Gesellige kuier tussen mekaar al is die woestyn wind warm die hele aand😅

Saterdag was opvolg dag vir bloedtoetse van my skildklier om te kyk of die meds hul werk doen.
Nie my beste dag gewees nie! Om die waarheid te sê seker my slegste dag nog hier in Saudi Arabië!

Ons is vroeg by die bloedbank sodat die toetse betyds kan deurgaan en die Endokrinoloog die resultate kan kry.
Toe nou nie so maklik nie!
Ons word van vloer 1 na vloer 3 gestuur en weer terug! Uiteindelik land ons op in die admin/versekering afdeling waar hulle uiteindelik die toetse op die stelsel gelaai kry dat ek kan gaan vir die toetse.
Hulle het geen idee van vooruitbeplanning, insig of logika hier nie!
Mens moet tog eers bloed trek om uitslae te kry sodat die dokter 'n beslissing kan maak?!😅
Ek haal my hoed af vir Jan wat elke dag met die Arabiere moet saam werk🎩👏

Nou ja, na ons 'n nuwe afspraak gemaak het vir 'n week later pak ons die pad huistoe weer aan. Seker so 15 minute later terwyl ons nog op pad is bel die dokter my persoonlik en laat weet my dat my bloede reg is en ek is goedgekeur om vir die operasie te gaan.
GROOT VERLIGTING!!!

Tuis stel ons 'n baie spesifieke boodskap op vir die spesialis se bestuurder sodat ons die finale bloedtoetse, narkotiseur en operasie geboek kan kry. Net genoeg inligting en vrae anders loop dinge verkeerd😁
So far so good en glo ons dat alles van nou af in plek sal val.
Ons hoor Sondag van die bestuurder via WA dat ek 24 Aug vir die laaste mediese toetse moet kom en die operasie word geboek vir 20 September!
Halleluja!

Die res van die week hou vir Jan 'n hele paar uitdagings in wat werksdinge betref o.a. parkering by die werk en 'n hele paar trippies aan en met besoekers. Elke dag nuwe uitdagings want die firma brei uit en uiteindelik na hele paar maande se versoeke en Visa verwerkings sluit 'n paar Ingenieurs wat hy aangestel het hulle by hom aan. Stadig maar seker vorder dinge🙏

Woensdag verjaar 'n kollega en word 40🥳
Jan en ek word deur hom en sy vrou "Our Saudi parents" genoem😉
Hulle vier die verjaarsdag saam in Bahrain, lyk soos 'n tropiese vakansie oord daar.

Ek bederf myself met 'n trippie met die bus Ikea toe en shop met die ogies al is dit met die ondersteuning van 'n kruk😉Ek sal nog moet soek vir 'n trollie waarop ek my knie kan laat rus vir die 12+ weke wat ek nie op my voet mag trap nie!

'n Heerlike koppie koffie met Sweedse appeltert is 'n ekstra bonus☕🥧👌
Doen my siel baie goed om uit te kom!💖

Ek koop vir ons Swedish meatballs etes, (Frikkadelle, mash, ertjies en Lingonberry sous) as Take Aways vir ons sodat ons die ervaring saam kan hê, nie te sleg geprys vir Riyadh nie, SAR16 (R80) waar 'n standaard bord kos jou meestal SAR35 (R175) kos👌
Ons sal dit nog een keer saam gaan doen voor ons hier vertrek.😉

Mag hierdie naweek 'n kalm een wees!

Groetnis van huis tot huis!

Van ons 2 hier in Riyadh, Saudi Arabië

Week 31 Riyadh En hier is die naweek alweer by ons in Riyadh voor die deur! Jammer julle in SA moet nog 1 daggie wag😉Ons...
17/07/2025

Week 31 Riyadh
En hier is die naweek alweer by ons in Riyadh voor die deur!
Jammer julle in SA moet nog 1 daggie wag😉

Ons het verlede week Vrydag die eerste keer via Zoom by die kerkdiens hier ingeskakel en was dit nou lekker om weer 'n boodskap in Afrikaans, in eie tyd te beleef.
Nicolette Steele is die voorganger en soos ek haar onthou altyd die sprankelende geesdriftige mens!
Belewenis kwadraat en ons albei was diep geraak!
Gelukkig was ons nie tussen die ander mense nie want ek het sommer baie emosioneel geword!
Ons Heer werk op fantastiese maniere, selfs hier in die vreemde Moslem land!

More gaan ons weer die voorreg hê om na ons dominee van BAIE jare, dr Michiel vd Merwe, se preek te luister, hy vanuit SA en ons almal in verskeie plekke in Saudi Arabië!
Sien uit daarna Dooms!

Ons het verlede naweek afgeskop met 'n braai by 'n kollega van Jan met totaal van 12 mense. Sommige Saffas, ander werks kollegas.
Kyk hier in die compound is dit 'n goeie mengelmoes van kulture en dan kom kuier daar nog vriende van buite ook by so 'n braai natuurlik.
Braziliane, Britte, man van Ukraine, man van NZ maar meeste was Saffas.
Ek besluit om almal te treat met Melktert, moet die buitelanders darem blootstelling gee aan die smaak van Suid Afrika 😉Gesellige middag /aand gewees!

Die res van die naweek is herlaai en afskakel tyd voor die werksweek weer vir Jan begin. Die admin moet gedoen word want om na ander land te verhuis, al is dit net tydelik soos ons, het maar baie intriges soos ons bly uitvind! Mag dit makliker wees om weer terug te gaan SA toe! 🤭

Hier in Saudi is dit bedrywig! Elke week lees ek van nuwe wette, of oues wat verander word, nuwe uitbreidings en verbeteringe. Die kroon prins, Mohammed bin Salman Al Saud, is aan die voorpunt van meeste daarvan.
Ek het al vantevore genoem dat hulle 'n strewe het om in 2030 die grootste toerisme land te wees en daarom al hierdie geweldige uitbreidings en veranderings.
Stelselmatig verslap sekere reëls en regulasies en ander word weer meer strenger toegepas, alles in die lig van 2030.
Ek sit weer 'n paar foto's by wat self beskrywend is waarna julle gerus kan kyk en lees wat alles bereik word.
Baie 1stes wat hier gebeur!

O, ja, die stortkop wat ons gekoop het werk heerlik. Weet nog nie so lekker of al die skadelike goeters uitgefilter word nie maar die water voel salig sag op ons lywe!
SAR20 baie goed gespandeer! 🎉
Hier vier ons elke klein dingetjie want dit maak 'n GROOT verskil!
Gisteraand vir ons kerrie hoender gemaak!
Nie hoender kerrie nie hoor😜
Was dit nou salig! Natuurlik mbv Rajah kerrie poeier al die pad uit Suid Afrika, die pers een wat my nie brand nie😉
Soos ek sê, ons vier die klein dingetjies👌

Vir ons lê die kalmte van naweek voor maar dalk kan ons so avontuur of twee ook in pas!
Sal julle kom vertel ☺️

Hê een geweldige naweek en week tot ons weer bymekaar uitkom!

Groetnis van huis tot huis!

Liefdegroete van ons twee hier in Riyadh, Saudi Arabië! 💞

Week 30 Riyadh Kan julle glo?30 weke al vir my hier in Riyadh, Saudi Arabië!Time flies when you're having Fun ne! ☺️Die ...
10/07/2025

Week 30 Riyadh

Kan julle glo?
30 weke al vir my hier in Riyadh, Saudi Arabië!
Time flies when you're having Fun ne! ☺️

Die weke is maar stil en rustig vir my deesdae tuis en met die erge hitte gaan ons ook nie ver of lank strate toe nie. Die trippies word deeglik beplan om so kort moontlik buite in die son te wees😉

Saterdag oggend het ons dit gewaag want ons moes plan maak met stortkop met 'n filter teen hierdie vreeslike harde en ontsoute water! Ons hare val uit en veral my vel is ongelooflik droog!
Lees gerus bietjie oor die water in Saudi Arabië en die prosesse van ontsouting.
Hier in ons compound gebruik hulle ook gesuiwerde rioolwater in die tuine en op die gras🤩

"Is Saudi water ok to drink?

It's not safe for human consumption. Use only packaged drinking water. 😒

Is desalinated water safe to drink?
… contains no essential minerals or salts, and the long-term health effects can affect your organs and the functioning of your tissues, bones, and immune system.

Hair fall is a common occurrence, especially in KSA where the water is very harsh and it is very important to rinse and wash your hair regularly so getting water tank cleaning done can not only slow down your hair fall but also strengthen your scalp by keeping it healthy and moisturised, this, in turn, helps in minimising any worry over your scalp turning flaky and your hair becoming weak. Disinfection of water can ensure the impurities are removed and only nourishing water hits your head."

https://thehealthyhome.me/en/sa/health/how-water-tank-cleaning-helps-your-hair-and-skin-ksa #:~:text=Hair%20fall%20is%20a%20common,this%2C%20in%20turn%2C%20helps%20in

https://thehealthyhome.me/en/sa/health/can-i-drink-the-tap-water-in-riyadh

Ons besoek ook 'n Sketchers "Factory Shop" wat 'n uitverkoping het om 'n paar nuwe tekkies te soek. Hier is mens nogals erg op skoene en my steunsooltjies pas nie goed in my skoene wat ek hierheen gebring het nie. (Terwyl ek wag om die operasie te laat doen wil ek soveel moontlik steun aan my voet gee.)

Ons sluit die sirkel roete af deur by groot Tamimi, ons supermarkie in die compound se ma, waar ons vars vrugte en groente vir die week koop, so ons is happiness! ☺️

Die res van die naweek is dit admin, afskakel en so bietjie rugby luister op RSG voor die nuwe werksweek weer vir Jan moet begin.

Een van my baie spesiale vriendinne het my vertel van Radio Garden waar jy via Internet na vreeslik baie radiostasies kan luister so RSG, Groot FM, LM radio en selfs Radio Nederland is op my lys👌
Wonderlik die gebruik van tegnologie!

My amper buurvrou hier stuur vir my hul "kerkdame" se nommer want ek wil uitvind hoe hulle te werk gaan en wanneer hul bymekaar kom. Wraggies is dit 'n vrou wat jare gelede in ons gemeente in Centurion was! Die mees energieke christelike vrou wat ek nog ontmoet het. En hier vind ek haar weer in Riyadh, Saudi Arabië! Ons kan via internet inskakel of Vrydae oggende, wanneer dit Sondag hier is, by hul woonstel bymekaar kom vir "kerk". Ons gaan defnitief op een of ander manier inskakel.

Die Heer bly in wonderlike maniere in ons lewe werk! Ons mense, ons kerk se mense, Afrikaanse mense, hier, in die vreemde!
Ons Heer is Groot en Goed!

Klein dingetjies maak die dae lekker en meer draaglik deesdae. Geselsies met vriendinne en boodskappe van SA beteken so baie!
Ons kan nie wag om weer in SA te gaan kuier in Augustus nie!
Die kinders, kleinkinders en al ons geliefdes net weer styf vas te kan druk!
DANKIE vir al jul liefde, ondersteuning en ware belangstelling in ons "Avontuur"!
Liefdegroete van ons twee uit Riyadh, Saudi Arabië!

The Healthy Home® UAE helps boost your home's health and wellness with home sanitizing, AC Cleaning, and Pest Control Services customized for your needs.

Week 29 Riyadh Dit was 'n stil en rustige week en ons het geen avonture onderneem nie, dit was nodig alhoewel "boring" v...
03/07/2025

Week 29 Riyadh
Dit was 'n stil en rustige week en ons het geen avonture onderneem nie, dit was nodig alhoewel "boring" vir julle, die lesers🤭

Ek kry kans om my baba kombersie klaar te hekel en spandeer tyd aan patrone soek via internet want my patrone is in SA en hier het ek nou tyd🤩

Ons naweek is ook rustig met Jan wat moet admin sake hanteer en probeer ons tussendeur afskakel van die daaglikse werksdinge deur bietjie TV te kyk en na ons klein supermark toe gaan vir brood en melk dinge, ek op my scooter en Jan wat loop 😉

Ons sluit die naweek af met ja, natuurlik, braai! Rooibok wors, al die pad uit Suid Afrika! Baie spesiale ete saam met Braaibroodjies hier in Saudi!

Sulke klein dingetjies wat groot verskil maak in mens se emosionele welstand so ver van huis en die bekende.

Riyadh wen die bod om 2030 se Expo aan te bied!
Dit is groot nuus hier want soos met enige groot gebeurtenis beteken dit meer toeriste en daarmee saam nuwe ontwikkeling en ook groot 1inkomste natuurlik.

https://www.visitsaudi.com/en/riyadh/stories/riyadh-expo-2030

Riyadh is gearing up to take its place on the world stage in 2030 for the World Expo.
The event, which takes place every five years, attracts millions of visitors and billions of dollars in investment. Dating back to the mid-19th century, the World Expo serves as a platform for nations to showcase cultural, technological and economic achievements, and to promote cooperation, innovation and cultural exchange. Iconic cities such as Paris.

Riyadh’s bid to host the World Expo 2030 showcased its cultural richness, economic prowess and forward-thinking development projects aligned with Saudi’s Vision 2030. The city’s commitment to sustainable growth coupled with its regional significance and proven ability to host large events, also made Riyadh an irresistible choice for World Expo 2030.

What You Will See at World Expo 2030

With an inspiring main theme — The Era of Change: Together for a Foresighted Tomorrow — Riyadh Expo 2030 invites the world to see how Saudi imagines a different future as well as the actions being taken today to shape a prosperous and sustainable tomorrow. When Paris held the World Expo in 1889, it debuted the Eiffel Tower. For its bid, Saudi unveiled an extensive campaign focusing on the futuristic megaprojects being built across the country for completion by 2030, which include a giant cube-shaped structure, Mukaab, an immersive, experiential destination that promotional videos call “a gateway to another world.” Riyadh has also unveiled plans for the New Murabba, the largest modern downtown, designed to help make Riyadh one of the top 10 most livable cities in the world by 2030.

Exciting tye om in Riyadh te woon want hier gebeur soveel dinge op verskillende vlakke! Oral, oral waar ons ry word daar gebou!
Tuine met water en bome word uitgelê en beplan.
Net jammer ons gaan nie 2030 meer hier wees nie!

Mag jul naweek en week goed en positief wees!
Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië 💞

Week 28 Riyadh Helo almal! Soos meeste van jul weet het die operasie nie plaasgevind nie en ons werk nou na September ma...
26/06/2025

Week 28 Riyadh
Helo almal!
Soos meeste van jul weet het die operasie nie plaasgevind nie en ons werk nou na September maand sodra ons terug is van ons SA kuier🙏

Ons spandeer die naweek rustig met bietjie admin vir Jan en inkopies by Lulu, hare sny by Albert wat al 15 jaar by Seder werk en swem sessie in die erge hitte.

Jan het werk verpligtinge in Dammam en noudat my operasie eers uitgestel is. Hy word 4h30 Sondag oggend opgelaai lughawe toe en kom weer Dinsdag middag terug na baie suksesvolle trip👏

Intussen het Israel besluit om Iran se kern aanlegte aan te val en met hulp van Trump en Amerika se B2 bomwerpers is dit redelik vernietig. Dit is wel 'n paar dae van onsekerheid want lugruimtes is nie veilig nie en Iran stuur selfs 'n missiel na die Amerikaanse basis in Qatar maar waarsku hulle eers vooraf.
Genadiglik is ons veilig in Saudi Arabië.

My dae alleen tuis gedra ek myself baie rustig en bly ek van voet af so ver moontlik, ek wil nie nog meer skade maak voor die operasie kan plaasvind nie.

Jan se firma het uiteindelik in hul eie kantore ingetrek en hy kan met die kar ry en vind dit heel goed... Vinnig want hy ry vroeg en binne halfuur is hy by die werk!
Heerlik na maande van Uber, bus en Metro. Hy gaan wel die geselskap van sy kollega mis trein toe en op die trein🤩

Ek sluit hierdie week af met meer inligting oor belangrike tyd in Muslim geloof hier in Saudi Arabië maar wat ook wêreld wyd nagevolg word omdat Saudi Arabië as 'n Heilige land bestem word in Islam geloof.

"Saudi Arabia is considered a holy country by Muslims due to the presence of the two holiest cities in Islam, Mecca and Medina.

Mecca is the birthplace of the Prophet Muhammad and the focal point of the Hajj pilgrimage, while Medina is where the Prophet emigrated and is buried. These cities hold immense religious significance for Muslims worldwide.

Here's why Saudi Arabia is considered holy:
Mecca:
Contains the Kaaba, which is the most sacred site in Islam. It is the direction (Qibla) Muslims face during prayer and the destination of the Hajj pilgrimage.

Medina:
Houses the Prophet's Mosque (Masjid an-Nabawi), where the Prophet Muhammad is buried.
Custodian of the Two Holy Mosques:
The King of Saudi Arabia holds the title "Custodian of the Two Holy Mosques," signifying the importance of Mecca and Medina to the Saudi state and its leadership.
Hajj Pilgrimage:
Millions of Muslims travel to Mecca and Medina each year to perform the Hajj, further solidifying the country's religious significance."

Julle sal ook lees dat die koning hier as die "Custodian of the Two Holy Mosques" bekend staan wat hom administratiewe take en verantwoordelikhede gee. Soos toe hele paar Pakistani muslims in Saudi vasgevang was agv die oorlog tussen Indië en Pakistan was hulle onder sy versorging as gaste.

" King Salman ibn Abdulaziz Salman ascended to the throne more than 60 years after the death of his father, Ibn Saud, who founded the country. He designated his son, Mohammed bin Salman, as his successor, making Salman the last of his generation to rule Saudi Arabia.
Salman of Saudi Arabia (born December 31, 1935, Riyadh, Saudi Arabia) is the king of Saudi Arabia (2015– ) and is expected to be the last of the sons of Abdulaziz ibn Saud, the founder of Saudi Arabia, to rule the country. Because Salman acceded to the throne at an advanced age, his son Mohammed bin Salman has assumed many of his father’s duties as the head of state and government"

Hier in Saudi Arabië is Hajj verby en vandag is 26 Junie 2025 maar ook 1 Muharram 1447 AH, wat die begin van die lunar Hijri nuwe jaar vir Islam is.

Met hierdie nuwe jaar gaan die vervanging van die kiswah vervang.
Dit is die "oortreksel" wat oor die Kaaba, die blok gebou in die belangrikste moskee in Meccah, Masjid al-Haram, gedrapeer is, vervang word met 'n nuwe een.
Ek sluit 'n paar skakels by my skrywe in om te gaan lees oor die tradisie en islam geloof hiervan.

Kaaba in Mecca

The Kaaba is a cube-shaped building located at the center of the Masjid al-Haram (the Great Mosque) in Mecca, Saudi Arabia. It is the holiest site in Islam, and Muslims around the world turn towards it during their daily prayers.
More details about the Kaaba:
Significance:
The Kaaba is considered the "House of God" (Bayt Allah) and is a focal point for Muslim worship and pilgrimage (Hajj and Umrah).
Construction:
Islamic tradition holds that the Kaaba was originally built by the Prophet Adam and later rebuilt by the Prophet Abraham (Ibrahim) and his son Ishmael (Ismail).
Structure:
The Kaaba is a large, cuboid structure, about 15 meters tall and 12 meters wide. It is made of granite stones and covered with a black silk cloth called the Kiswa, which is replaced annually.
Black Stone:
Embedded in the eastern corner of the Kaaba is the Black Stone, believed by Muslims to be a meteorite sent by God.
Rituals:
During the Hajj, pilgrims circle the Kaaba seven times counterclockwise.

https://english.alarabiya.net/News/gulf/2025/06/02/raising-the-kaaba-s-kiswa-an-annual-hajj-tradition-explained

https://theislamicinformation.com/news/kiswah-changed-on-1st-muharram-1447-2025/?fbclid=IwY2xjawLJrVFleHRuA2FlbQIxMQABHsjRYqc-gk0j1El177B5SFFXEUyVKg6ObJiNu5Jul0ZGvaS0DivvAyHQAkx2_aem_GKXvgXWZU2Z8EqmChcq47w

www.spa.gov.sa/en/w2133399

https://gulfnews.com/world/gulf/saudi/saudi-arabia-to-replace-kaabas-kiswa-as-hijri-year-1447-begins-1.500175631

Net so bietjie interressantheid van die land se heersers en geloof.

Vir ons lê die naweek voor en ons gaan laag lê!

Groetnis van huis tot huis van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië 💖

18/06/2025

Week 27 Riyadh
Een dag vroeër as gewoonlik maar more gaan ek nie kans kry nie.

Laaste paar dae van Jan tuis en ons wil graag nog 'n paar spesiale dinge saam gedoen het.

Daar moet so bietjie admin afgehandel word maar daarna was dit ontspan!
Swem in die hitte!
Vrugte Shopping doen.
Ons gaan toets 'n aanbevole restaurant met die naam van Cheesecake Factory en ja, ons stem saam dit is heerlik!
Dit voel so klein bietjie soos Spur in SA want hul sing ook Happy Birthday vir paar 'n mense😊
Ek beleef Madeira sauce saam met sampioene en ek gaan moet Google vir resep om dit self te maak! Yummy!👌
Vier 'n baie spesiale mens se verjaarsdag van hier ver met videocall🥳
Kyk Jeff Dunham vir so bietjie lag!
Bestel vir ons restaurant kos op 'n luilekker Saterdag aand voor die week en werk vir Jan weer begin!

En toe gebeur dit waarvoor ek nou al hele rukkie wag -
Die ortopeut se bestuurder laat weet ek kan Dinsdag middag kom vir die res van die toetse en skielik laat weet hy ook dat ek Donderdag geopereer gaan word!
Ons spring weg na werk hospitaal toe vir bloedtoetse, bors Xstrale, sommer word 'n EKG ook gedoen en ons ontmoet die Narkotiseur!
Kyk as hul eers wegspring moet mens vashou en byhou!

Almal is vriendelik met hierdie 2 Suid Afrikaners en ons word goed behandel. Ek kry selfs 'n drukkie van een van die susters wat my van kamer na kamer vergesel het🤗
Suid Afrikaners is nogal gewild in Saudi want hul weet wat hul in ons het☺️

Van een vloer en vertrek na die ander maar alles is gedoen en die senior ortopeut aan diens kom verduidelik in breë trekke wat gedoen gaan word.
Donderdag oggend moet ek 6h00 aanmeld en dan sal die chirurg voor my operasie mooi kom verduidelik hoe en wat en dan ook weer na die operasie oor hoe dit gegaan het en wat die nasorg behels.
Ek is super geseënd!
Ons Heer is in beheer! 🙏

Nou is dit voorberei soveel moontlik vir die operasie asook daarna want ek sal 8 weke op 1 been wees want ek mag nie op die ander voet enige gewig sit nie terwyl dit aangroei en genees nie.

Sover werk dit wonderlik uit dat ek hopelik genoegsaam sal herstel om in 'n Moonboot te wees wanneer ons weer SA besoek👌🙏

Ons is gelukkig nog betyds terug by die compound om die Shawarma aand by die restaurant te kan geniet voor ons huis en bedwaarts keer.

Tot ek weer gesels volgende week sê asseblief gebede saam met my dat ek kalmte sal vind, alles goed sal verloop en ons Heer my sal dra deur die operasie 🙏

Mooi bly en Liefdegroete van ons twee in Riyadh, Saudi Arabië 💖

Week 26 Riyadh En daar is Eid verby en Jan se paar dae tuis is amper iets van die verlede! 😢Maar dit was lekker en dit w...
12/06/2025

Week 26 Riyadh
En daar is Eid verby en Jan se paar dae tuis is amper iets van die verlede! 😢

Maar dit was lekker en dit was goed want ons het die tyd goed benut en BAIE memories gemaak en dit is hoekom ons hier is! 😊

Ons skop die naweek af met 'n treffer Hamburger braai saam met 'n kollega van Jan en diè se vrou! Ons besluit op hoender filette wat ons plat slaan(tenderise🤭) en marineer want hier is hoender DROOG!
Bees patties is buite die kwessie want die kollega se vrou is Hindu so geen bees word geëet nie.
Ja, alle kulture en gelowe hier!

Kyk dis kaas, sampioene, uie, tamatie, agurkies, blaarslaai, bees spek(sorry vir Hindu's maar ons vind dit lekker 🤭) Ek wou nog Pynappelskywe ook bysit maar sy is allergies daarvoor so maar nie gedoen nie. Dan nog s***e te kies en te keur!

Ons Suid Afrikaners ken mos van Hamburgers.😅
Sommer poeding ook, ek het Malva Poeding gemaak en die vroutjie het Peppermint Crisp tert saamgebring.
Ek moes klein happie proe al mag ek nie!
Dit was Yummy!
Dit was 'n groot sukses en 'n heerlik gesellige kuier-aand onder ons lapa met die nuwe patiostel en mist sproeiers👌

Sedert Jan hier begin werk het word daar beplan om kantore te skuif maar die uitdagings is baie en die intrek datum hou aan uit skuif! Die riolering het die langste geneem en vir meeste kopsere gesorg😂
Jan sê vir my as alles goed gaan mag hul dalk net na Eid of naby daaraan in die nuwe kantore in trek so daar gaan ons 2 en ons gaan verken die nuwe gebou en kantore!
Mens is mos nou opgewonde oor nuwe plek en ons hou nie van nuuskierig wees nie😉

Die tyd saam is heerlik en ons doen ander dinge en spesiale dinge. Ons het nou wiele so ons kan makliker en vinniger by plekke kom alhoewel ons probeer om nie in die aande te veel te ry nie want dis stressvol met al die Kamekaze bestuurders hier!

Een van die plekke wat ons gaan uitsnuffel is 'n Indiese restaurant, Calicut, op aanbeveling van ons amper bure hier wat van Durban af kom. Nou kyk diè van julle wat my goed ken weet ek kan geen peper of kerrie of chillie hanteer nie so dis vir my 'n geweldige uitdaging by 'n Indiër se eetplek😛
Wat 'n verrassing!
Diè lekkerste Butter Chicken wat ek al ooit geëet het! Sous was absoluut heerlik al was die hoender bietjie droog, what's new!
Geen, maar geen brand nie!
Soveel kos dat ons kan nog 'n aand kan eet daarvan. Jan moes ongelukkig tevrede wees met "Beef dry fry" kerrie want soos so gereeld hier in Riyadh gebeur, het hulle klomp goed NIE wat op die spyskaart genoem word nie, onder andere gewone regte egte indiese kerrie soos stew kerrie!
Ja, by Indiese restaurant het hulle nie Indiese kerrie nie😅

Maandag is weer Braai dag en hierdie keer by 'n ander kollega met onder andere Russe en Romeniërs as gaste. Lesse weer geleer van nuwe kulture en ervarings!
Kyk dis besig hier met ons van Braai tot Braai. 😅Soos Suid Afrikaners maar is, kuier ons graag rondom braaivleis vuurtjie en is ons pro's op Bring-en-Braai en deel 'n slaai! 👌

Ons moet darem bietjie kultuur ook deel maak van ons Riyadh ervaring en ons besluit om Deriyah Heritage site aan die buitewyke van Riyadh te gaan besoek. Dit is 'n geweldige groot area, seker tenminste 3X so groot soos Pretoria Dieretuin, en met my voet tans gaan ek dit nie maak nie.
Met 'n mooi glimlag, gebroke Arabies mbv Google translate en wys, wys na my kruk laat die sekuriteit ons toe om met die kar deur 'n gedeelte te ry ipv stap! Ons kan nou nie by die spesifieke plekke van interesse uitkom nie want dit is goed toegemaak, maar dit gee ons 'n baie goeie idee van hoe die vroeë Arabiere geleef het en wat hul boustyl was ens.

Na 'n baie interressante rit, hoofsaaklik in die konstruksie area, met enkelpad paadjies en kronkels, besluit ons om die kar te parkeer en die restaurant area te gaan verken.
Eintlik moet mens ook hier 'n "booking" maak maar omdat ons ver voor 17h daar in wou gaan sê die vriendelike Arabier "You can go inside now but next time you must make booking" en daar gaan ons in!
Gelukkig weet die een Arabier nie van die ander Arabier nie so Non the Wiser van die 2 oues wat hier orals probeer ingaan nie🤭

Regtig moet ek sê ons ervaar tot dusver nog net baie vriendelike hulp van die Arabiere, veral die armer minder belangrike inwoners van Riyadh.
Vriendelikheid kos niks en word wêreldwyd positief ervaar🤩

Kom ons kyk of ons vir die laaste paar dae van Jan se verlof rustig kan wees sodat hy weer met kalmte kan teruggaan werk toe Sondag 😁
Ons belowe niks nie!

Julle moet 'n geweldige lekker week hê!
Mooi loop en groete van huis tot huis!
Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië 💖

Week 25 Riyadh Dis Eid-al-adha hier in Saudi Arabië en Jan is paar dae af en tuis!Ons wil graag paar plekke in Riyadh ga...
05/06/2025

Week 25 Riyadh
Dis Eid-al-adha hier in Saudi Arabië en Jan is paar dae af en tuis!

Ons wil graag paar plekke in Riyadh gaan verken alhoewel dit nou erg warm is so buite rondloop is nie aan te beveel nie😅
Maar eers vertel van die week wat verby is.

Daar het 'n paar dinge gebeur intussen want tyd staan mos nie stil nie.
Ons het 'n stel "Mist sprinklers" gekoop wat ons wil installeer maar eers moet die afdak se rant nuut geverf word dat dit beskerm kan wees teen die water. Jan het deur die "Buildinglink" hier in Seder Village Compound die versoek ingesit vir verf en sommer na paar uur staan daar 2 manne voor my deur om die takie af te handel.
Kyk mens sit nie 'n versoek hier in en d**k jy kan nog gou gou gaan stort intussen nie, nee jy sal gevang word want hulle is blitsig om vir diens aan te meld!

Ons besluit Vrydag middag om weer die goue mark, Taibah Souk, te besoek.
Ek wil graag vir myself 'n hangertjie koop in Saudi Arabië wat ek aan die kettinkie kan dra wat Jan vir my verlede jaar hier gekoop het. Iets wat my kan herrinner aan ons spesiale tyd hier en ek het mos paar Riyals verdien met die woef se op pas😉Liefie Jan moet so klein bietjie las want natuurlik is my smaak goed en mooi en duur😅

Kyk dit is GROOT plek met BAIE winkels met BAIE goue goed! Na 'n paar uur se winkel in en winkel uit kry ek iets waarvan hou! Dit laat my d**k aan Arabiese lantern, dit lyk soos' n vlammetjie!
Dood moeg maar tevrede keer ons huiswaarts maar eers gaan vier ons my sus se pensioen-gaan-dag met Gelato roomys, want mens moet en dis lekker!

Die afdak is geverf en dis tyd vir die sproeiers om op te kom! Ons meet uit en lê die pypies uit hoe ons d**k dit beste kan werk. Weereens kom die manne van Seder help en binne half uur het ons heerlike sagte reën sproeiers onder ons afdak!
Nodeloos om te sê, ons braai Saterdag aand en dis heerlike verfrissend🎉🥳

Naweke vlieg ongelukkig verby, net soos in Suid Afrika, en die nuwe werksweek is vol intriges en verwikkelinge vir Jan. Hy gaan besoek hul nuwe kantoor se perseel en die verwagting is dat hulle met die einde van Eid of baie naby daarna na die nuwe kantore sal skuif! Opgewondenheid want hulle wag al 7 maande daarvoor!
Nuwe plek werk mos altyd beter en lekkerder. En daar is parkering onder die gebou so uit die son uit! 👏
Hy sal wel weer nuwe reis planne moet maak wat die Metro betref want dit is ander spoor en rigting.

Jan bereik nog 'n hoogte punt hierdie week want hy kry die plek om ons kar by te laat diens en reël sommer onmiddelik 'n afspraak!

MG motors hier in Saudi se dienste is deur 'n ander firma oorgeneem en hy is van bakboord na stuurboord verwys maar uiteindelik regte plek gevind. Nou net nog die kar se geskiedenis by die vorige firma gaan kry, dis die volgende uitdaging en moet wag tot na Eid want min word tans verrig.

My frustrasie hoop op en ek is angstig want ek hoor niks verder van die spesialis of sy "manager" oor opvolg afspraak of operasie datum nie😞
Die oproepe gaan nie deur nie en WA's word nie gelees nie, geen reaksie nerens nie. Dis maar "waiting game" lyk my en dalk na Eid verby is sal daar weer gevorder word?
Daai woord wat so baie gebruik word hier!!! Enshallah - If God Wills it!
Ek het darem al vir my 2de handse krukke kon kry so ek is reg vir aksie!

Die res van die week word gevul met "normale" dinge:
Huis se take, my swem beurte, my hand werkies, ons weeklikse saam gaan eet saam met kollegas by die restaurant en 'n gesellige tee drink saam met 'n Seder vriendin wat pas teruggekom het van kuier in Suid Afrika!

Daar lê, nou 'n paar dae van braai, kuier en verken voor want dis Eid en vir almal in Saudi ook vakansie.
Mooi loop en groete van huis tot huis!
Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië 💖

Week 24 Riyadh Helo julle almal! Die weke vlieg verby hier, seker net soos by julle in Suid Afrika! Besige naweek gehad ...
29/05/2025

Week 24 Riyadh
Helo julle almal!
Die weke vlieg verby hier, seker net soos by julle in Suid Afrika!

Besige naweek gehad verlede week.

Ons begin Vrydag oggend met heerlike buffet ontbyt by die compound restaurant wat ons vir die res van die dag gevoed sal hou 🤭

Dis warm maar ons besluit om die MG garage waar ons kar gediens moet word te gaan soek sodat ons darem net weet waar dit is en ons sit mos in die aircon in die kar☺️

Saterdag is MRI dag!
My linkervoet moet afgeneem word vir die spesialis.
Ons afspraak is 9h00 maar ons is heel vroeg want met die verkeer weet mens nooit wat kan gebeur nie.
Die radiografis is 'n baie vriendelike man en stel my heeltemal gerus en sê ek moet net ontspan, dis niks moeilik nie en raas net so bietjie, daarvoor sit hy darem vir my oormowwe op😅
Vir my eerste keer verloop dit regtig baie goed al voel die 20 minute se doodstil lê soos' n ewigheid!
Nou is dit wag vir die dokter se verslag, 'n nuwe afspraak datum en vandaar dan die opsies om te oorweeg wat gedoen moet word 🙏

Ons ry later in Riyadh rond, nogsteeds op soek na die MG herstel werkswinkel! Waar ons die vorige dag uitgekom was net die verkoops lokaal van nuwe voertuie🙄
Blykbaar het 'n ander maatskappy in Riyadh MG se dienste oorgeneem en nou weet niemand wie die dienste moet doen nie. 😅

Ons sluit natuurlik die naweek af met braai, alhoewel dit nog geweldig warm is, maar braai sal ons braai!

Kans word ingeruim om met die kinders en Poppelief in SA te gesels, om op te vang en mekaar darem weer te sien en te hoor vir 'n verandering! Kosbare minute vir ons almal💖

Die res van die week is die gewone daaglikse dinge soos verwers wat die patio se dak kom verf voor ons mist sproeiers kan opsit, wasgoed, huis skoon maak, navorsing oor hulp vir na my operasie, belasting sake probeer uitsorteer en die nou en dan se winkel toe en terug op my scooter😉

Die maan word hier stip dop gehou want die volgende EID, Eid-al-adha, moet aangekondig word😉

Dit is feestyd vir Moslems en die 2de een vir 2025. Die hele land kry vakansie vir 'n paar dae.

"Eid ul-Adha ('Festival of Sacrifice') is one of the most important festivals in the Muslim calendar.
Why is Eid al-Adha important to Muslims?
Eid ul-Adha is the latter of the two Islamic holidays celebrated worldwide each year. It honours the willingness of Ibrahim to sacrifice his son Ismail as an act of obedience to God's command. Before Ibrahim could sacrifice his son, however, Allah provided a lamb to sacrifice instead."

Hier is 'n paar webwerwe waar julle kan gaan oplees oor wat die fees betref.

https://english.alarabiya.net/News/saudi-arabia/2025/05/27/saudi-arabia-announces-eid-aladha-2025-dates

https://islamic-relief.org/qurbani/eid-al-adha/

Julle moet 'n geweldige lekker week hê, maar eers is dit weer naweek!

Groetnis van huis tot huis, al is dit ver oor die waters.
Liefdegroete van ons twee in Riyadh, Saudi Arabië 💖

Address

WierdaparkX 2
Centurion
0149

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nola's Schnauzer Lodge posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Nola's Schnauzer Lodge:

Share

Category