Nola's Schnauzer Lodge

Nola's Schnauzer Lodge Nola’s Schnauzer Lodge
CLOSED We offer a home-away-from-home experience. No cages or pens, they are free to enjoy themselves as if at their own home.

Nola’s Schnauzer Lodge

🐾I am a Schnauzer mom and I pour my heart and soul into my Schnauzer Lodge 🐾

Take a Vacation with peace of mind while your dogs visit my Schnauzer Lodge. Dogs play in the garden, lie on the couches if they want to and sleep inside the house at night. Your doggies can expect

ꙮ Personal interaction in a
homely environment
ꙮ Emotional stimulation

and Play
ꙮ Large garden to frolic
in
ꙮ Tons of love for every
Doggie

Sterilized, socialized, fully inoculated and dewormed Mini Schnauzers welcome. All dogs need to be socialised so that they have a safe and secure visit. These requirements ensure that all animals are able to maintain and develop a stable immune system while in a communal dog environment.

🐾Take your well deserved break with peace of mind as they are under constant supervision🐾








Nola 0829778115
[email protected]
WierdaparkX2
Centurion
Pretoria

https://www.facebook.com/profile.php?id=100063491083329

Week 51 Riyadh En woeps is nog 'n week verby! Ek is amper 'n jaar al in Riyadh!Grootste nuus van my is dat ek uit die mo...
11/12/2025

Week 51 Riyadh
En woeps is nog 'n week verby!
Ek is amper 'n jaar al in Riyadh!

Grootste nuus van my is dat ek uit die moonboot is en in skoene!!!
12 weke na my operasie en dit voel salig alhoewel ek stelselmatig moet gewoond raak want dis leer skoene so hulle moet ingeloop word en my voet moet weer leer reg loop. Nie gou by die 2km per dag soos met my boot nie.
Geen haas ek neem my tyd en sit voet op bo my hart se hoogte en ys agter my knie wanneer nodig!
Rome is nie in een dag gebou nie ne💪😉

Dit was wel 'n missie en 'n half om die skoene gekoop te kry, was so 5 ure soet gewees daarmee, maar ek is tevrede en ek glo ek gaan goeie myle uit hulle kry die volgende jaar wat voorlê.

Die sjirurg kansellleer weer die kliniek dag, 2de keer na mekaar, maar die liewe suster sê ek moet 'n voicenote vir haar stuur wat sy dan aanstuur en hy sal daarop reageer. Ek bevestig met hom dat ek nou 12 weke na die operasie is en of ek mag oorgaan na die spesiale skoene wat hy aanbeveel het en dat ons na SA reis en ons nie weer kans kry om hom te kom sien nie want die kliniek is gekansselleer. Hy gee toestemming en ek sal in Januarie wanneer ons weer hier terug is weer kontak dat ons opvolg afspraak kan maak.

My fisioterapeut se afspraak word ook gekansselleer agv een of ander "emergency" maar via my liewe 1ste terapeut kry ek kontak met die nuwe een en sy bevestig dat ons afsprake Sondag en Dinsdag sal hervat en dat sy vir my PDF met oefeninge vir my sal gee wat ek vir die 3 weke tuis moet volg. Hulle is werklik engele op my pad! 🙏

Die res van die week is dit normale dinge en Jan spandeer BAIE tyd met werk dinge want klomp projekte is op een slag besig en hy gaan 3 weke nie hier wees nie so voorbereiding daarvoor moet ook gebeur en hy werk met een Ingenieur te min tans.
Hy VERDIEN die vakansie deur en deur!

Vandag is dit naweek dag vir ons en die volgende 2 dae is dit inpak en regmaak vir SA!
KAN NIE MEER WAG NIE! 🥳

Julle moet almal 'n super naweek en week hê, volgende week laat weet ek van ons uit Suid Afrika!

Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië

Week 50 Riyadh Oor 2 weke is ons tuis vir 'n heerlike vakansie saam met ons kinders en kleinkinders!!! Kan nie meer wag ...
04/12/2025

Week 50 Riyadh
Oor 2 weke is ons tuis vir 'n heerlike vakansie saam met ons kinders en kleinkinders!!! Kan nie meer wag nie!

Na 'n rustige naweek het die week met 'n BANG begin vir Jan met geweldige uitdagings by die werk en besoeke en ek met nuwe fisioterapeut wat meer en ander oefeninge uit deel!
Ek moes afskeid neem van liefste Shaden wat my ongelooflik baie gehelp het en eintlik my die wa deur die drif help trek het maar ons het afgespreek dat ons kontak sal behou.
Sy het vir my gesê :"When you walk onto the beach when you're back in South Africa, you must think of me and take me with you there!" Hoe lief is dit nie! Ek sê toe vir haar dat ek foto's gaan neem en vir haar stuur💗

Toe kom Ruba!
So 'n klein bietjie ouer dame, ook Arabies, maar toe sy hoor ek is van SA vertel sy trots dat hul 2 jaar gelede getroud is en in Knysna gaan honeymoon hou het!
En verlede jaar was hulle weer in Hermanus! "We love South Africa and would love to live there" sê sy nogal vir my.
So bereik mens ander se harte hier in die vreemde en hulle my hart!
So tussen die harde werk om my voet beter te maak deur!

Ek vermoed my fisio sessies is amper klaar maar ek sal vra vir 'n program waarmee ek kan volhou want my voet is maar nog styf met sekere oefeninge. Die dokter het vir 6 weke 2X per week aanbeveel so ons is amper daar!

Intussen beland ons tuinman, wel instaan tuinman Sadam Hoesein uit Indië, in die hospitaal hierdie week. Al wat ek uit hom kon kry was "very much pain" en foto's wat wys waar hy lê met suurstof masker op en drip in sy hand. Ons het geen nommer van hom nie maar deur die ontvangs vra ek of hy ok is en hulle bevestig hy is baie beter. 🙏
Taal is en bly hier met al die werkers 'n uitdaging want Engels is gebroke indien enige.

Weereens is daar 'n verskuiwing van my afspraak dag by die instap kliniek met my sjirurg!
Skielik is hy nie meer Sondag 7 Desember daar nie maar wel Woensdag 10 Desember. Gelukkig kon ek opvolg met die suster in beheer daar anders het ons Sondag daar gekom voor dooie mans deur!
Ek kry ook geen terugvoer van hom oor die spesifieke Joya "sneakers" wat ek moet koop nie so ek gaan maar volgens my gemak van my voet kies.
Joppie vir komende naweek, sommer more oggend vroeg terwyl meeste in die moskees is en verkeer heerlik rustig. Hoop die winkel het genoeg voorraad om van te kies🤞

Vanoggend wakker geword met erge mis hier so defnitief het die Winter seisoen hier aangebreek! Nogsteeds 24 grade in die dag maar ek kan salig al die deure en vensters oop maak vir vars lug sonder stof winde wat waai👏

Ons hoor julle in SA verspoel so nou en dan en begin al muf van al die reën maar ons mis dit ongelooflik baie, veral die gedreun van die weer wat waarsku dit is op pad!
Bly veilig en droog almal!

Liefdegroete van ons 2 hier uit Riyadh, Saudi Arabië 💞

Laya Lief Een jaar sonder jou vandag my hartswoef! 🐾💖Dis moeilik om te beskryf hoe ongelooflik lief ek vir jou was! Jy h...
29/11/2025

Laya Lief
Een jaar sonder jou vandag my hartswoef! 🐾💖
Dis moeilik om te beskryf hoe ongelooflik lief ek vir jou was! Jy het my siel verstaan!
Jy het my deur soveel gedra net met jou p**t op my arm of jou kop op my skoot te laat rus wat sê "Ek is hier mamma, ek verstaan!"

Ek sê vir myself dat jy en ons Heer saam besluit het dat jy liewers moes gaan slaap ipv alleen agter bly sonder my! 🙏

Jy het so verskriklik vinnig agteruit gegaan dat dit vir my baie duidelik was dat dit Sy besluit was om jou liewers veilig by Hom te neem.

Weet my liefste woef, jy is altyd in my hart en ek dra jou orals saam waar ek gaan, selfs op my skoene deur die operasie tydperk. Jy is altyd deel van my!
Speel lekker en sonder pyn met al die woefs my Laya lief!
Lief vir jou🐾💖

Week 49 Riyadh Goeie dag almal!Normale rustige week gewees vir my met fisio 2X per week, op my eie oefen en stap 3X per ...
27/11/2025

Week 49 Riyadh
Goeie dag almal!

Normale rustige week gewees vir my met fisio 2X per week, op my eie oefen en stap 3X per dag en handwerk en ander dinge wat ek stelselmatig weer voor kans sien.

Ons het gevra vir 2 nuwe beddings aan die straat se kant vir die nuwe seisoen en afwisseling. Die tuindiens manne van Seder het vir ons dit kom doen en nou het ons 2 beddings vol Afrikanertjies😉😁
Sal vrolik lyk.

Goeie nuus is dat ons Iqamas, verblyfspermitte vir die volgende jaar verleng is asook Jan se Ingenieurs registrasie, so ons is weer reg vir die laaste 11 maande van ons verblyf hier. Nou net weer Exit en Entry visas kry vir ons SA kuier in Desember. Alles moet hier in spesifieke volgorde gedoen word. 😉

Dit word nou stelselmatig koeler en oggend temperature is al rondom 14 grade en middag 27 grade Celsius. Ek geniet hierdie koeler tyd ongelooflik baie want mens kan weer buitentoe oop maak en hoef nie van aircon plek na die volgende aircon te hol nie😅

Die voëls soos Hoep Hoepe en Pieter Blinkoë is ook terug en dis nie net meer Duiwe en Mossies nie. Alhoewel laasgenoemdes wel nog ons Petunia blomme se blare af kou vir kos😅

Komende naweek sal seker ons laaste rustige naweek wees want die 7de Desember moet ek weer my sjirurg gaan sien en voor dit sal ons die naweek vir my moet gaan tekkies koop, hy d**k nie veel van my Sketchers nie🤭Hy beveel Joya skoene aan wat nogal 'n prys en 'n half is maar word in Switserland gemaak en ook super goed is vir jou rug. My sjirurg spesialiseer in voete en rug so ek sal maar liefs sy raad volg en die beste skoene koop vir my voete en rug dan.

Daarna is dit net nog 1 naweek oor voor ons SA toe vlieg wat ons sal moet gebruik vir pak en regmaak!
Heerlike vooruitsig!

Ek heg vir julle 'n paar foto's aan van die mooiste luukse trein wat hulle in Saudi Arabië beplan, ongelukkig nie betyds vir ons verblyf hier nie maar dit lyk ongelooflik mooi. Net soos ons Bloutrein glo ek.

Mag jul komende naweek en week fantasties wees en sterkte vir die reën, ek hoor dis orals nogal baie!!!

Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië 💖

Week 48 Riyadh Nege weke na my operasie!!! 🥳🙏My fisioterapeut, Shaden 'n Arabiese vroutjie, is baie tevrede en ons werk ...
20/11/2025

Week 48 Riyadh
Nege weke na my operasie!!! 🥳🙏
My fisioterapeut, Shaden 'n Arabiese vroutjie, is baie tevrede en ons werk saam hard aan my vordering. Vandag sal sy vir my sê of ons voortgaan met 3 X per week dat sy kom of dalk net 1 of 2 X? Ek kan op my eie die oefeninge bly doen maar ek kan my voet nie so druk en masseer soos sy nie.
Volgens wat die sjirurg laas gesê het moet ek nog 2 weke met die boot loop en dan oorgaan skoene toe. Tans voel dit vir my nog hopeloos te gou want my enkel is nog maar styf maar ons werk daarna toe.💪🙏

Dae hier is nou heerlik!
Dit wissel nog bietjie maar dis soggens rondom 15 grade C en in die middag so 28 grade C. Mense hier begin al baadjie aantrek soggens en saans🤭 Soms kom die windjie op en dan voel jy iewers in Saudi is dit KOUD maar ek geniet die koeler weer geweldig!
Die aircon is af na 4 maande se 24/7 se loop en ek kan vroegoggende die deure en vensters oop maak vir vars lug soos ek in SA ook doen!

Dit was 'n goeie week en ons het klomp blom plantjies gekoop en die tuin en onder die afdak lyk dit sommer vrolik!
Ons moes bietjie kleur kry😉

Ons groente tuin gaan ook baie goed aan en die Eiervrugte, tamaties, komkommers, groenboontjies, rissies(ja tuinman Salam het dit geplant) en een of ander pampoen groei heel goed! Wanneer ons terug is van ons kuier in SA sal ons kan oes👌👏

My dae bestaan tans uit roetine. Oefeninge en kort draai buite stap met my trollie 3X per dag, kossies vir die voëltjies gooi en so paar huistake wat ek alweer kan baas raak.
Net nog so bietjie vasbyt!
Ek het selfs so bietjie "bling" vir my skoene bestel, net vir ekstra motivering en Geloofstreë!
See Voete Van Geloof!

Ek het die mooiste skulp van my amper buurvrou gekry oor die naweek asook 'n paar skulpies wat sy in Dubai vir my opgetel het toe hulle daar was.💗

Die groot skulp is uitgeduik deur een van die Saffas hier toe hy vroeër jare in Abu Dhabi gewerk het.
Uit die Arabiese golf, wat deel is van die Arabiese see, en dan ook Indiese oseaan.

Is dit nie 'n super besonderse geskenk nie! Dit gaan defnitief saam terug na SA en ek gaan dit met trots en liefde uitstal saam met al my ander skulpe en see lewe dinge!

Laaste nuus is dat ons tans besig is om ons Iqamas en Jan se Ingenieurs registrasie te hernu vir nog 'n jaar. Alles volg 'n spesifieke proses en een volg op die ander.😉
Sonder die hernuwings kan ons nie Exit en Entry visas kry vir ons kuier na SA so dit is redelik belangrik dat ons dit afgehandel kry.
Ons GLO en VERTROU dat alles in plek sal val en dat ons kan ontspan en uitsien na 'n heerlike vakansie saam met ons kinders en kleinkinders, wat hopeloos te vinnig groot word na ons sin!

O ja, ons Saudi Arabië kroonprins, Mohammed bin Salman Al Saud, also known as MbS, het natuurlik groot nuus gemaak met sy besoek aan Amerika en Donald Trump😁

Groete van huis tot huis en koester jul geliefdes!

Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië 💖

Week 49 Riyadh Goeie vorder week vir my gewees! My eerste uitstappie met my moonboot aan en my trollie! Ons gaan soek ba...
13/11/2025

Week 49 Riyadh
Goeie vorder week vir my gewees!

My eerste uitstappie met my moonboot aan en my trollie!
Ons gaan soek bakke en saailinge om nog meer kleur in die tuin te kry.
Dit was salig om uit te kom na 7 en half weke tuis!
Ek het sommer 'n gesprek aangeknoop met 'n ou omie arabier, hy kan darem so grofweg engels praat. Ek het vir hom geknik toe hy verby my loop met sy trollie terwyl ek rus met my been op. Later stap ek hom weer raak en hy sê nou verstaan hy hoekom ek hom gegroet het want ek loop ook met trollie😅Hy het heup herstel iets gehad, seker vervanging want hy praat van "metal" and still sore but not so much.
Mens moet maar versigtig wees met die arabiere, hulle neem gou aanstoot. Maar vir een of ander rede geniet hulle my en Jan se vriendelikheid en gesels altyd en ons is nou al hele paar arabiere se "family" 😉

Na BAIE oproepe en hulp en geduld besluit ek en Jan ons ry nou maar na die Meena kliniek toe en gaan probeer die "Home Care" gereël kry want ons vorder nie en die loop tyd verby en ek kry nie die nodige oefening en strekking vir my voet gedoen nie.

By die kliniek word ons verseker dat hulle dit sommer met die hoof van die tuis versorging tak gaan opneem en dit vir ons uitsorteer!
"Not worry, we will sort it out for you!"

Tuis plant Jan ons plantjies en maak plan vir rankplante ens en wraggies na so uur of 2 tuis terug kom boodskappe na hom toe deur!
3X per week fisio vir 2 weke!
Eerste week se afsprake klaar bevestig!
Halleluja! 🎉🎊🥳🙏

Weet nou nog nie wie, waar of hoe dit reggekry is nie maar ek het begin met fisio en doen self ook 3X per dag die oefeninge wat sy vir my gegee het!
Stadig maar seker begin ek vordering sien.
Soos hulle hier sê Enshallah!

Vandag was dit groot bid dag vir reën soos afgekondig deur die koning! Al vroeg oggend is hier preke en gebede wat weergalm. Ek kan nie eers onthou of ek al reën hier beleef het nie! Ek praat nou nie van die bietjie stof druppels wat verlede seisoen geval het nie! Reën soos in SA! Paar mm op 'n slag!

Hier gaan dit hoofsaaklik 'n admin naweek wees klink my want daar moet weer sekere dokumente verkry word en aansoek gedoen word vir hernuwings ens want Jan is mos nou al 'n jaar hier! Ek is gekoppel aan sy permitte en dokumente. En ons moet weer Exit en Entry visas vir ons Desember vakansie na SA voor aansoek doen.
Nooit 'n vervelige dag hier nie ne.
Ons doen dit en dan is dit gedoen vir die jaar wat voorlê en dan is dit Khalas vir ons tydperk hier. 🎊🎉🥳

"Khalas" (خلاص) translates to "enough," "stop," "done," or "finished" in English, depending on the context. It can be used to end an action or argument, signal the completion of a task, or express a finality in a situation.
Meanings of "Khalas"
Enough / Stop: Used to tell someone to stop doing something, or to end a discussion.
Example: "Khalas, I don't want to talk about it anymore".
Done / Finished: Can be used to indicate that a task is completed.
Example: "Khalasna min al-amal" means "We finished the work".
That's it / Okay: Can be used to signify the end of something or to agree to a plan.
Example: Saying "khalas" after completing a task you were doing for someone.

Julle moet geniet wat jul doen en druk jul geliefdes styf vas wanneer bymekaar want ons mis dit geweldig baie!

Mooiste naweek en week vir julle almal!

Liefdegroete van ons 2 hier in Riyadh, Saudi Arabië 💞

Week 48 Riyadh En daar is dit weer naweek dag hier by ons!Dit was Vrydag tyd vir al die pleisters af haal, behalwe een, ...
06/11/2025

Week 48 Riyadh
En daar is dit weer naweek dag hier by ons!

Dit was Vrydag tyd vir al die pleisters af haal, behalwe een, en wonde behandel sodat dit kan begin heel. Ek trek nog 'n soort verband kous oor my voet sodat die snye nie so teer is teen die boot nie. Alles lyk mooi en heel goed sover.

Ek gaan nerens maar ek beleef tog nog veel. Soms met erge spanning oor goed buite my beheer maar tog ervarings.
Dit was 'n week van afsprake maak vir my fisio wat moet begin maar dinge werk nie seepglad nie. Sondag kom besoek 'n GP my saam met sy verpleegster want dit is die voorgeskrewe werkswyse. Klomp vrae en geskiedenis word gevra en op watter medikasie ek is en en en. Selfs bloed word getrek om my skildklier vlakke weer te toets, alles in die veiligheid van ons huis.
Moet sê was vir my baie positiewe ervaring en die dokter sowel as sy "nurse" was BAIE simpatiek en behulpsaam.
Vandaar sou hy aanvra dat dokter my bel oor die medikasie en dit dan voorskryf want hy is net 'n "General Practitioner"😉 asook vir die Fisioterapeute om my te kontak vir afsprake.

Neeeeeeeee, dit verg toe BAIE oproepe, Jan en 'n arabiese kollega se hulp asook 'n paar afsprake se kanselleer, want hullep wil elke keer weer dokter stuur😥O, en elke keer verander hulle my registrasie van my app ook nog! Ek laat nou maar my lief en sy kollega die dinge reël want dit stress my totaal en al op! 😔

Vandag is daar 'n fisio afspraak vir 12h00 hier tuis gereël so ek bid dat dit gaan realiseer en ek kan begin want ek is alreeds 'n week agter skedule!
Kom ons vertrou dat die begin van oefen nou hier is!!!

Ek moet sê ek loop nou al baie mooi op my boot voet saam met my trollie en so nou en dan in die kombuis of badkamer sonder so ek is naby aan die 100% gewig sit binne my 2 weke wat die sjirurg gesê het🎉🎊🙏

My bloed uitslae kom ook intussen terug en alles is goed. 'n Ander dokter doen met ons 'n telefoniese afspraak rondom 20h30 saans en hy skryf al my medikasie voor en Woensdag oggend word dit tuis afgelewer! Voorraad vir 3 maande!
Kyk as die tegnologie hier werk, werk dit goed! 😆
As dit werk 😉

Weke bestaan tans hier uit my herstel proses en Jan se werk en AL die uitdagings wat dit inhou! Hy sit geweldig baie energie in al die projekte en hy en sy span van 4 wat hy tot dusver aangestel gekry het moet bontstaan om sake glad te laat verloop!
Ek haal my hoed af vir Jan wat saam met die arabiere werk want ek sou lankal "gecrack" het! 😨

Soos ons almal die sêding ken van "Time is Money", wel hier is tyd nie daai nie, tyd beteken vir hulle nie veel nie.
Mens moet hulle beleef om dit te verstaan.
Enshallah - God willing is hier die motto.

Ek sê vir Jan ek wil dit vir myself laat druk en opsit want dit is seker diè grootste les wat ek hier geleer het, en nogsteeds leer, alles op Sy tyd! (Ek sien dit nie as Allah se tyd nie)

Ek en 'n vriendin gesels gedurende die week oor die kultuur en die moskees en Imams wat die gebede uitsaai ens. Hier is 3 moskees naby ons huis, letterlik 1 aan elke kant van die huis. Nou daar is verskillende tye wat die gebede moet gebeur en dan word die luidspreker aangesit en al 3 manne, hul word Imams genoem, hulle lewer preke in die moskees self ook, spring gelyk weg en bid.
Daar is tenminste 6 tye, elke dag dieselfde tyd, wat hulle bid maar soms dan vergeet hulle 'n vers of twee dan gaan hulle na paar minute gou weer aan😅
Dan is Vrydag oggrnd hulle lang preek b***t!

Die tye deur die dag en aand is ok maar die vroeg oggend gebede maak ins meestal wakker, juis omdat die torings vanwaar hulle dit uitsaai so naby aan ons is.
Dit is waar ons nou woon en dit is hul kultuur so ons moet daarmee saam leef ne.

Check out this video, "fajr prayer over speaker Riyadh" https://share.google/roDWdDClWQgbJnDLM

Soveel dae, soveel dinge, net soos in Suid Afrika ne.

Mag julle 'n geweldige lekker en goeie naweek en week hê?

Liefdegroete van ons twee uit Riyadh, Saudi Arabië.

Week 47 Riyadh Interressante week wat verby is! Sondag was "Orthopedic Walk in Clinic" dag😉Ons vertrek vroeg van ons hui...
30/10/2025

Week 47 Riyadh
Interressante week wat verby is!
Sondag was "Orthopedic Walk in Clinic" dag😉
Ons vertrek vroeg van ons huis na die hospitaal toe waar die verkeer natuurlik weer chaos is en ry 2X so lank as gewoonlik! Dankbaar ons is 2 ure vroeër weg☺️

By die kliniek gekom is dit WAG..............
Dan kry ons die jawoord dat ons mag gaan Xstrale neem. Daar gekom is die "order" wel op die stelsel maar ons moet wag vir die mediese fonds se goedkeuring. Na trippie deur Jan na die admin afdeling word dit uitgesorteer en kan ek deurgaan en die Xstrale laat neem. 🎉

Toe weer terug kliniek toe en wag om die sjirurg te sien.
Genadiglik het die donor been goed geheg en ek mag oorgaan na 'n Moonboot dra! Dokter is baie tevrede🙏
Oor die volgende 2 weke moet ek 100% gewig op my voet sit. Met tyd en fisio gaan ek wen!!!

Ons gaan weer deur dieselfde proses om die boot goedgekeur te kry-
Order in- dan wag vir goedkeuring dan kan ons uiteindelik huistoe gaan.
Stelsel gaan ook af vir hele ruk! Ons is van 9h00 tot 12h30 daar na die liewe "nurse", Marwah, wat vir die admin mense sê:" These are our family, we will sort it out for them". Ongelooflik dankbaar vir sulke engele wat oor ons pad kom. 🙏

Volgende terugkoms uit SA pak ons ons tasse vol Rooibos tee want die arabiere is mal daaroor en heerlik vir ons om so vir hulle dankie te sê!

Jan laai my 13h30 tuis af en ry dadelik werk toe. 14h00 begin sy dag eers so dit word 'n laat aand😢
Tyd is hier nie van belang!
Enshallah!

Nou volg 6 weke met die moonboot en fisio 2X per week tot 7 Desember wanneer ek weer Dr Urfan Arefa moet gaan sien.
Net mooi betyds om in skoene te wees met ons vakansie na SA in Desember🙏🙏🙏

Die res van die week hou die normale uitdagings vir Jan by die werk in en dan weer die soek en reël vir fisio vir my, deur klomp apps. Genadiglik vind ons 'n kliniek, Meena Health clinic, wat ons sal kan help met tuis besoeke deur terapeut. Dit sal geweldig baie tyd spaar en uit skakel dat Jan my nie hoef te vervoer na en van die kliniek of hospitaal vir behandeling nie!
Ek soek, vra, doen navorsing en Jan en sy arabiese kollega, Qublan bel en reël dit........
Whoop whoop!

My profiel op die app is nou wel Nawlaa, foneties soos hulle die arabier verstaan het maar dit is gereël👌

Vandag wil ek julle graag ook van 'n trots Saudi Arabië produk vertel.

Milaf Cola - soos Coca Cola maar met dadelpulp versoet!
Proe regtig nie sleg nie.
Groot inisiatief gewees en word alreeds na baie lande uitgevoer👌

https://milafcoladrink.com/

Nou ja, fluit fluit my storie is nou eers uit!
Wens julle almal 'n heerlike week en naweek!
Liefdegroete van ons 2 uit Riyadh, Saudi Arabië!

Address

WierdaparkX 2
Centurion
0149

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nola's Schnauzer Lodge posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Nola's Schnauzer Lodge:

Share

Category