22/08/2026
๐๐พ VANDAG IS โN HARTSEER DAG BY PAWS HAVEN ๐พ๐
Vandag groet ons een van ons baie spesiale volunteers, Mishca. Sy het โn nuwe werksgeleentheid gekry, en ongelukkig beteken dit dat sy ons gaan verlaat. ๐ฅน
Mishca, waar begin โn mens?
Jy is โn staatmaker โ iemand op wie ons kon staatmaak, iemand wat altyd bereid was om in te spring en te help waar jy kon. Maar meer as dit, het jy โn ongelooflike vreugde na ons span gebring. โค๏ธ
Met jou glimlag, jou persoonlikheid en jou manier van doen het jy so vinnig deel van die Paws Haven-familie geword. Dit voel asof jy nog altyd hier hoort.
Dankie vir elke uur wat jy vir Paws Haven gegee het. Dankie vir elke dier wat liefde by jou gekry het, elke taak waarmee jy gehelp het, elke glimlag en elke lekker oomblik saam met die span. ๐ถ๐ฑ
Ons gaan jou ontsettend baie mis.
Al is ons hartseer om jou te sien gaan, is ons ook baie bly en trots dat daar โn nuwe geleentheid vir jou wag. Ons wens jou net die beste toe met jou nuwe werk en met elke nuwe uitdaging en avontuur wat voorlรช. ๐ท
Mag hierdie nuwe hoofstuk vir jou vol groei, geluk, sukses en mooi geleenthede wees.
En Mishcaโฆ moet ons asseblief nooit, ooit vergeet nie. ๐ฅน
Want ons kan jou belowe:
Ons gaan jou verseker nie vergeet nie. โค๏ธ
Jy het jou plekkie in die Paws Haven-familie gemaak, en daardie plekkie sal altyd joune wees.
Baie sterkte met jou nuwe werk, Mishca. Ons wens jou alle voorspoed toe en ons gaan jou verskriklik baie mis! ๐๐พ
Met baie liefde,
Jou Paws Haven-familie โค๏ธ