11/07/2025
Bek-en-klouseer
Die huidige uitbraak van Bek-en-klouseer blyk om baie vinnig te versprei.
Ons wil graag al ons boere aanmoedig om baie versigtig te wees met die aankoop of die skuif van diere en ook om goeie biosekuriteit toe te pas.
Hier volg so paar riglyne om te volg:
1. Maak seker as u nuwe diere inbring dat hulle van ń area af kom waar daar geen aktiewe Bek-en-klouseer is nie, vermy onnodig diere inbring in die area. Indien diere wel geskuif moet word dring daarop aan dat al die diere deeglik ondersoek word binne 48 uur voor hulle geskuif word deur ń gemagtige persoon.
2. Maak seker alle trokke, waentjies, voertuie, skoene en waterskoene word deeglik skoon gemaak en ontsmet met ń geregistreerde produk vir Bek-en-klouseer op ń gereelde basis.
3. Indien daar enige verdagte diere is praat gerus met ons dat ons so vinnig as moontlik die probleem aanspreek en ondersoek.
Praat gerus met een van ons veeartse oor watter produkte om te gebruik.
Vriendelike Groete
Schweizer Dierekliniek
🐄 🐄 🐄 🐄
Foot and Mouth Disease
The current outbreak of Foot and Mouth Disease appears to be spreading very rapidly.
We would like to encourage all our farmers to be extremely cautious when purchasing or moving animals, and to apply good biosecurity practices.
Here are a few guidelines to follow:
1. Make sure that if you bring in new animals, they come from an area where there are no active cases of Foot and Mouth Disease. Avoid bringing in animals unnecessarily. If animals must be moved, insist that all animals are thoroughly inspected within 48 hours before the move by an authorized person.
2. Ensure that all trucks, trailers, feed vehicles, boots, and gumboots are thoroughly cleaned and disinfected with a registered product for Foot and Mouth Disease on a regular basis.
3. If there are any suspect animals, please speak to us so we can address and investigate the issue as quickly as possible.
Please feel free to speak to one of our veterinarians about which products to use.
Kind regards
Schweizer Dierekliniek