Schweizer Dierekliniek

Schweizer Dierekliniek Ons is ń klein- en grootdier praktyk waar ń groot verskeidenheid veearts dienste gelewer word vir u plaasdiere, wild en troeteldiere.

Kantoor: 053 004 0124 (na-ure sal die nommer u na die veearts aan diens neem).

📢
15/06/2026

📢

Inkbessie vergiftingSoos dit begin kouer word en gras begin verdor eet beeste meer inkbessie wat nou groen is. Inkbessie...
10/06/2026

Inkbessie vergifting

Soos dit begin kouer word en gras begin verdor eet beeste meer inkbessie wat nou groen is.

Inkbessie (cestrum laevigatum) is n meer takkige bos/boom wat veral in ander bosse groei.

Inkbessie het n baie giftige toksien wat die lewer onmiddelik aantas.

Inkbessie is in meeste gevalle dodelik.

Simtome sluit in:
- Loop moeilik, aggressiewe gedrag, loop in goed vas, kom blind voor, bewerasies, maag pyn, lê op sy of net vrektes eweskielik sonder n teken van siekte

Behandeling is baie beperk met geaktiveerde koolstof en lewerondersteunende middels.

Die beste manier van voorkoming is die bos uitroei- wat egter moeilik is omdat die bos n groot wortel stelsel het en in digte bosse wegkruip.

Maak n punt daarvan om manne op voete deur n kamp te sit voor beeste daarin gaan.

27/05/2026
FeLV in katte🐈
20/05/2026

FeLV in katte🐈

🩸 Bloed word dringend benodig 🩸
14/05/2026

🩸 Bloed word dringend benodig 🩸

Naelinfeksie by Kalwers (Omfalitis)Naelinfeksie is ’n algemene maar ernstige infeksie wat by pasgebore kalwers voorkom. ...
11/05/2026

Naelinfeksie by Kalwers (Omfalitis)

Naelinfeksie is ’n algemene maar ernstige infeksie wat by pasgebore kalwers voorkom. Dit gebeur wanneer bakterieë deur die naelstring die kalf se liggaam binnedring kort ná geboorte. Hierdie toestand kan ernstige siekte veroorsaak indien dit nie vroeg behandel word nie.

Hoe ontstaan naelinfeksie?
By geboorte is die naelstring nog vogtig en oop vir etlike ure. Dit skep ’n maklike toegangspunt vir bakterieë vanaf:
• Vuil beddegoed of kalfhokke
• Misbesoedeling
• Modderige krale of kampe
• Swak higiëne tydens of ná kalwing
• Wanneer die nael nie behoorlik opdroog nie

Algemene bakterieë wat betrokke is sluit in:
• E. coli
• Trueperella pyogenes
• Streptococcus-spesies
• Staphylococcus-spesies

Wanneer bakterieë die naelstring binnedring, vermeerder hulle en veroorsaak infeksie .

Wat gebeur nadat die infeksie begin?
Aanvanklik mag die kalf slegs die volgende tekens toon:
• ’n Geswelde of vergrote nael
• Pyn wanneer die nael aangeraak word
• Vogtige afskeiding of etter vanuit die nael
• Koors
• Lusteloosheid

Die infeksie kan egter intern versprei deur die naelbloedvate en in die bloedstroom beland. Sodra dit gebeur, kan bakterieë na ander organe en weefsels deur die liggaam versprei.

Komplikasies van naelinfeksie
Die infeksie kan versprei en die volgende veroorsaak:
• Lewerabsesse
• Blaasinfeksies
• Septisemie (bloedvergiftiging)
• Gewrigsinfeksies (“joint ill”) wat geswelde, pynlike gewrigte en mankheid veroorsaak
• Longontsteking
• Absesvorming

Hierdie kalwers kan ernstig siek, swak, mank of selfs vrek indien behandeling vertraag word.

Behandeling
Vroeë behandeling is baie belangrik.
Behandeling :
• Breëspektrum antibiotika
• Anti-inflammatoriese medikasie
• Dreinering en spoeling van absesse.
• Ondersteunende behandeling soos vloeistowwe en intensiewe versorging
In ernstige, chroniese gevalle mag chirurgie soms nodig wees om besmette naelstrukture te verwyder.

Voorkoming
Voorkoming is baie beter as behandeling.
Belangrike voorkomingsmaatreëls sluit in:
✔ Sorg vir skoon kalwingsareas
✔ Verskaf droë beddegoed vir pasgebore kalwers
✔ Doop die nael onmiddellik ná geboorte met jodium- of chloorheksidienoplossing indien moontlik.
✔ Herhaal die naeldoop 12–24 uur later indien nodig
✔ Maak seker kalwers ontvang voldoende goeie kwaliteit biesmelk binne die eerste paar uur ná geboorte
✔ Verminder oorbevolking en modderige toestande
✔ Monitor kalwers noukeurig gedurende die eerste week van lewe
—————————
Belangrike Boodskap
’n Geswelde of besmette nael moet nooit geïgnoreer word nie. Vroeë behandeling kan lewensgevaarlike komplikasies soos gewrigsinfeksies, lewerabsesse en septisemie voorkom.
Indien u swelling, afskeiding, koors, mankheid of swakheid by ’n kalf opmerk, kontak u veearts so gou as moontlik.

Die winter is hier❄️Maak seker jy kom kry nou jou hond / kat bedjie en kombers vir die koue🐶🐱
07/05/2026

Die winter is hier❄️

Maak seker jy kom kry nou jou hond / kat bedjie en kombers vir die koue🐶🐱

01/05/2026
Waarom dragtigheids ondersoeke doen: 1. Goeie beplanning rondom weidingsbestuur kan toegepas word2. ⁠Dekseisoen sukses k...
28/04/2026

Waarom dragtigheids ondersoeke doen:

1. Goeie beplanning rondom weidingsbestuur kan toegepas word
2. ⁠Dekseisoen sukses kan vroeg gemeet word
3. ⁠Vroegtydige beplanning van kalweroes wat inkom
4. ⁠Identifiseer en oplos van moontlike probleme vroeg in seisoen en voor volgende dekseisoen
5. ⁠Vroeë identifisering van onproduktiewe koeie
6. ⁠Veearts op plaas om probleme te identifiseer, te bespreek en te help voorkom

Skakel die kantoor gerus om jou dragtighede te boek

Groete
Schweizer Dierekliniek

Address

42 Markson Street
Schweizer-Reneke
2780

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27530040124

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Schweizer Dierekliniek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Schweizer Dierekliniek:

Share

Category