27/09/2025
RIP ons Mattieπ₯Ίπ
Our Mattox, 'n pragtige TB reun perd geskenk aan ons deur Adriana Le Roux paar jaar gelede was een van die mees dierbaar- en betroubaarste skool perde wat Maestro nog ooit die voorreg gehad het om deel van ons familie te kon he π΄
Daar is nie baie diere wat hierdie spesiale werk kan doen nie. Hulle is so skaars en raar en vir die wat al die voorreg gehad het om 'n hoofstuk saam een van die spesiale diere te kon skryf sal kan getuig van hulle geduld, omgee en liefde π€
Mattie, jy was geliefd nie net deur my, Hermien & Zelda nie maar deur al die mense wat se lewens jy aangeraak het. Ons harte is baie seer oor die skielike leemte wat hier hang.
Dankie vir jou, dankie vir die perd wat jy was en dankie vir jou diens, betroubaarheid en omgee wat jy vir elke siel daagliks gegee het.
Jy was 'n groot show jumper in jou jong dae en het baie pryse gewen maar die werk wat jy hier as skool perd gedoen het is jou legacy buddy! Jy was nie 'n skoolperd nie, jy was 'n legend. Dit wat jy gedoen het in jou tyd by ons, dit wat jy beteken het vir elkeen van die mense wat jy geleer en veilig gehou het en al die memories wat jy saam elkeen gemaak het is wat ons vir baie jare nog sal onthou.
Dankie tog vir fotos en memories.
Hoe special is jou naam, Our Mattox want wragtig jy was nie net een mens se Mattox nie jy was ons almal se Mattox.
"Ek is seker you were needed elsewhere", dis al manier hoe ek sal aanvaar dat jy so skielik moes gaan π¦
Mat, we love you man en ons gaan jou mis vir 'n flippen lang tyd. Mooiloop tot ons jou weer sien π
π«‘β€οΈπ«‘β€οΈπ«‘β€οΈπ«‘β€οΈπ«‘