13/04/2026
π Maandag gebed vir ons ruiters by Ever Green Ranch
Here, aan die begin van βn nuwe week, dank ons U vir die gawe van perde, die grond onder ons voete, en die krag om te kan ry.
Ons bring al ons ruiters by Ever Green Ranch na U toe vir hierdie week. Waak oor elkeen wat kom ry, leer en groei. Gee hulle fokus, moed en kalmte in elke les en elke rit.
Beskerm hulle teen gevaar, teen val en teen vrees.
Lei elke perd met vrede en elke ruiter met wysheid.
Laat vertroue groei tussen perd en ruiter, en laat respek elke oomblik in die saal lei.
SeΓ«n ons hande terwyl ons vir die diere sorg, en ons harte terwyl ons geduld, dissipline en liefde leer deur hulle.
Here, gaan voor ons hierdie week uit. Hou ons veilig, vas en sterk.
Mag Ever Green Ranch gevul wees met vriendelikheid, spanwerk en vreugde.
Amen. π€π
π Monday Prayer for Our Riders and Ranch
Lord, as we begin this new week, we thank You for the gift of horses, the land beneath us, and the strength to ride.
Watch over every rider on this ranch give them focus, courage, and calm hands as they work with their horses.
Protect them from harm, from falls, and from fear.
Guide every horse with peace and every rider with wisdom.
Let trust grow between horse and rider, and let respect lead every moment in the saddle.
Bless our hands as we care for these animals, and our hearts as we learn patience, discipline, and love through them.
Lord, go before us this week. Keep us safe, steady, and strong.
May this ranch be filled with kindness, teamwork, and joy.
Amen. π€π