Zanie's Miniature Schnauzers

Call Directions

Zanie's Miniature Schnauzers Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Zanie's Miniature Schnauzers, Dog Breeder, Bethlehem.

Tessa & Nikka is tuis by hulle nuwe huis. Mag julle twee saam gelukkig wees en n impak maak soos op my lewe en baie ande...
05/09/2026

Tessa & Nikka is tuis by hulle nuwe huis.

Mag julle twee saam gelukkig wees en n impak maak soos op my lewe en baie ander🌾

N hoofstuk wat nou afgesluit is en wat ek veraltyd sal koester..

Ons sien natuurlik ook baie uit vir ons twee werpsels wat middel en einde September arriveer van Ruby en Roxy.
Ons tel al die dae af..

Op die stadium loop ons waglys oor, en in daardie opsig voel ons ongelooflik geseënd en dankbaar dat julle ons kies, ons vertrou en geduldig wag vir een van ons baard gesiggies.
Dis n voorreg om n schnauzer te hê.

Baie ❤️de,
Zanie & die schnauzer-maats 🐾

🤍 Bella-Blom se reis… 'n getuienis van God se genade. 🤍Hierdie twee klein lyfies is vir ons soveel meer as net 'n werpse...
17/08/2026

🤍 Bella-Blom se reis… 'n getuienis van God se genade. 🤍

Hierdie twee klein lyfies is vir ons soveel meer as net 'n werpsel. Hulle is 'n herinnering dat God steeds wonderwerke doen.

𝔹𝕖𝕝𝕝𝕒-𝕓𝕝𝕠𝕞 𝕤𝕖 𝕙𝕖𝕖𝕝 𝕝𝕒𝕒𝕤𝕥𝕖 𝕨𝕖𝕣𝕡𝕤𝕖𝕝:

Bella se reis met haar laaste werpsel was alles behalwe maklik. Daar was baie uitdagings van vrees en onsekerheid die laaste 4weke.

Op 19 Julie 2026 het ek net voor 05:00 die oggend met haar veearts toe gejaag.

2 babas later - Hul het dit skaars lewendig uit die teater gemaak. Al wat deur my kop gegaan het was: "Wat is die kans vir die oorlewing?"
Terwyl ek staan en alles in my vermoë gedoen het om haar 2de baba, Tessa aan die lewe te hou. Ek kon net vasstaar in haar klein wit wenkbroue en baardjie. Dit het iets diep binne my laat veg vir haar oorlewing.

Toe ons by die huis aankom, was albei kleintjies yskoud. In daardie oomblik het ek eerlik gedink hulle gaan dit nie maak nie, want na 5jaar se ondervinding, weet ek dit is nooit 'n goeie teken nie. Ek het nog nooit tevore 'n baba van daardie grootte gered wat so vinnig na 'n bottel moes oorskakel & so altwee so yskoud was nie.

Ons het hulle warm gehou, gevoer en alles gedoen wat ons kon. Stap vir stap het ons gesien hoe God Sy hand oor hulle hou. Veral Tessa - het só swak begin, maar vandag is sy 'n lewende getuienis van Sy genade.

Elke dag wat hulle sterker word, elke gewiggie wat optel herinner ons daaraan dat God se genade groter is as enige uitdaging, al verstaan ons soms nie HOEKOM met Bella se laaste werpsel nie - Maar ek glo, dit was om Sy genade deur en deur te beleef.

Ek wil vir Elrica Keyter uit my hart bedank. God het haar werklik as 'n engel oor ons pad gestuur. Toe ek nie 24/7 by die kleintjies kon wees nie, het sy hulle die eerste drie weke met soveel liefde, geduld en toewyding versorg. Woorde sal nooit my dankbaarheid kan beskryf nie.

Albei kleintjies gaan na 'n baie goeie vriendin van my toe in Heidelberg. Dit gee my soveel vrede om te weet hulle gaan 'n liefdevolle huis hê, altyd bymekaar wees en die mooiste deel is dat ek hulle altyd sal sien as ek daar kuier.

Na die twee wonderwerkies is Bella op aftrede & Sy gaan die beste ouma wees vir al die ander mammas se babas!

Groete,
ZMS.

Ontmoet ZMS se nuwe toevoeging:Lyra (Vlooitjie)“Vlooitjie” gedoop omdat sy só klein is.’n Klein lyfie met ’n groot perso...
16/08/2026

Ontmoet ZMS se nuwe toevoeging:

Lyra (Vlooitjie)
“Vlooitjie” gedoop omdat sy só klein is.
’n Klein lyfie met ’n groot persoonlikheid.

Welkom by ons, klein Lyra! 🐾

Ons sal binnekort die GROOT getuienis agter hierdie twee klein wonderwerke deel. 🤍Maar vir nou... spog ons net eers 'n b...
03/08/2026

Ons sal binnekort die GROOT getuienis agter hierdie twee klein wonderwerke deel. 🤍
Maar vir nou... spog ons net eers 'n bietjie met die twee prinsesse 🐾

Daar is min dinge wat my hart só vol maak soos foto's en updates van ons vorige klein baardgesiggies by hul nuwe huise. ...
28/07/2026

Daar is min dinge wat my hart só vol maak soos foto's en updates van ons vorige klein baardgesiggies by hul nuwe huise. 🤍

Om te sien hoe geliefd hulle is, hoe hulle groei en deel van elke gesin geword het, is die grootste vreugde.

Dankie aan elke familie wat steeds foto's, video's en nuus met ons deel. Ek waardeer dit elke keer om te sien hoe hulle groei en so goed aanpas by julle.

As alles volgens plan verloop, sien ons oor 2 maande weer uit na die getrippel van klein pootjies. Ons kan nie wag om hierdie spesiale reis weer met julle te deel nie. 🐾🤍


Groete,
ZMS

n Klein update van ons lyfies 🤍Van die Kaap, KZN, PTA, tot die Vrystaat - ons babas is oral versprei en so geliefd 🐾Ons ...
06/05/2026

n Klein update van ons lyfies 🤍

Van die Kaap, KZN, PTA, tot die Vrystaat - ons babas is oral versprei en so geliefd 🐾

Ons sien ook uit na nog klein voetjies wat in Julie kom!

Groete,
ZMS

Ons harte loop oor van dankbaarheidRoxy & Bella se pragtige babas het uiteindelik gearriveer na ’n lang wagtyd.In totaal...
08/01/2026

Ons harte loop oor van dankbaarheid

Roxy & Bella se pragtige babas het uiteindelik gearriveer na ’n lang wagtyd.

In totaal is daar 17 bondeltjies liefde:
🩷 10 🩷
💚 7 💚

Elke liewe baba het reeds ’n goeie, liefdevolle huis gekry waarvoor ons ongelooflik dankbaar is.

Van ons babas gaan ver – reg oor die Kaap,KZN&JHB se wêreld – terwyl ander sommer hier naby gaan bly

Ons voel werklik geseënd met n huis wat vol is
Liefde,
Zanie💫

Our hearts are full as we prepare to welcome new arrivals very soon 💚🤍🩷Where little paws leave big footprintsLots of lov...
03/01/2026

Our hearts are full as we prepare to welcome new arrivals very soon 💚🤍🩷
Where little paws leave big footprints

Lots of love,
Zanie & the Schnauzies 🐾

Address

Bethlehem

Telephone

+27711826719

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Zanie's Miniature Schnauzers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category

Nearby pet stores & pet services