25/05/2026
Vir die eerste keer in my hele Christenskap, ek praat nou van myself, is dit ek d**k die eerste keer wat ek die Here in ELKE aspek en ELKE hoekie van my lewe toelaat.
Die openbaringe is baie...
Is ek gehoorsaam op alles?
NEEEEEE…. Ek is nie.
Maar die Heilige Gees is besig om diep, baie, diep op ongelooflike seer plekke te werk, so ek voel ‘n bietjie teer. Maar op ‘n gesonde manier.
Vir die eerste keer huil ek WARM TRANE, en nie KOUE TRANE nie… gesond maak trane.
Ek is nog nie heel nie, geensins heel nie ~
maar tog…
Ek is HEEL binnekant,
Maar anders.
My vertroue in God is sterker maar ook tog broos.
Broos, want ek BESEF dat ek KAN NIE sonder God een tree gee nie.
So-ook besef ek ook soveel meer die verantwoordelikheid wat op elkeen van ons rus wat *in en oor* ander se lewes spreek…
Die Woord sê uitdruklik dat ons nie ons eie hart moet vertrou nie?
Waarom dan het dit die norm in Christendom geword om;
*te doen wat reg VOEL?*
*Volg jou hart?*
Of,
“Be true to yourself?”
What is YOUR Truth?
And, What is THE Truth?
Your Truth *SHOULD BE* The Truth.
The Word.
The Author of THE Word.
As jy God liefhet,
Werklik liefhet…
Is Sy Waarheid JOU Waarheid.
Jy sal Sy Woord in jou hart bêre,
Dit wil uitleef met alles in jou.
Die wêreld se manier van Christenskap uitleef is nie hoe ek God ervaar nie.
Die wêreld wou my siel kom steel,
Maar al wat dit kon neem,
was my vlees.
My gees?
Maar my Siel wat God se Gees in het kon geen mens neem nie.
Is my liggaam gesond?
Op pad na genesing?
Ek weet nie, die pyn, die intense fisiese pyn is party dae maar baie ongemaklik en kan verlammend wees.
Jubel my gees?
Ja, O Ja!
Want ek is oppad, ek strewe na Heiligmaking, elke dag.
Om te doen wat ek kan om aanneemlik vir ons God en Vader te wees.
Ek Jubel omdat ek weet dat Hy lewe,
Graag WIL ek lewe om;
Hom te behaag,
Hom te eer,
Hom lief te hê..
Want HY IS; ~
ons Maker
ons Skuilplek,
Ons is in Sy hande,
die beste plek om jouself te bevind te midde van hierdie hartseer, gebroke en gevalle wêreld.
Hierdie seisoen was hard en die snoeiwerk was diep.
Maar ek ervaar ‘n vrede en aanvaarding in my gees wat voorheen my moedeloos gehad het net om aan te d**k, het die Here gekom en my aan die hand gevat en stap saam met my.
Uit hierdie seisoen het ‘n paar goed gekom wat ek graag wil deel met die wat hier lees, en wat die Here dalk hiernatoe gelei het om te lees… ek bid so!
Van julle ken my bolangs en sommige ken my baie intiem. Maar ek glo dat die wat my ken, sal dalk beter verstaan. Alhoewel van die beste vriende wat ek het, sien ek skaars of het ek nog nooit in fisies ontmoet nie.
Maar die wat die Here op jou jou pad bring is vir jou:
of tot seën van ‘n goeie vriendskap wat alle toetste kan deurstaan,
of, bylas tot jou Familie in Christus,
of, iemand wie jy onder hulle elmboë moet vat,
of, iemand wat jy ‘n dure les sal leer om in jou skatkis van lewenservaring te kan bêre vir later se opdiep.
Nie almal wat Christen sê, IS EEN NIE.
Ons weet dit,
Maar hoekom bly ons dit glo?
Omdat ons hoop?
Nie almal het VOLLE toegang tot jou lewe nodig net omdat hulle Christenskap eien as hul “identiteit” nie!
LET WEL ~ ek sê identiteit.
Is dit dieper as jou identiteit?
Straal jy Christus uit in jou gebrokenheid, of jou oorwinnings?
As jy van Hom praat vul jou siel, gees, liggaam met Sy Gees en liefde?
AL GAAN DIT hoe sleg?
Dit is moontlik.
Ek is ‘n getuie daarvan,
En gaan dit elke dag ervaar.
Want ek GLO!
In ‘n Koning wat WEER kom!
Sy Gees is ons Vertrooster.
Elke oomblik!
Graag deel ek my gedagtes, dalk elke dag, dalk eenkeer per week of maand ~ verniet.
My hoop is dat iemand dalk iets sal herken of vind wat hulle sal help.
Ek sê verniet want dit is dalk die volgende ding waaroor ek sal skryf, wat my hart ongelooflik bedroef… dit is dat almal “make merchandise of the word of God”.
Ons moet mekaar bedien en versterk met ons getuienis (verniet)!
Ons moet mekaar kan seën met ons getuienis en mekaar se verhaal aanluister.
Nie almal HELP nie, dit is God se werk!
Jy kan nie die liggaam van Christus bedien sonder die leiding van die Heilige Gees nie!
Jy moet daagliks kan bid vir die mense wat jy bedien met hulp en Woord.
Niemand het ‘n nóg ‘n handleiding te koop nodig nie.
Hulle het Christus nodig, Sy Woord en iemand wat ‘n hand uitsteek.
Dis al.
Tot later.
Mag jy vandag net gaan stilsit by Sy voete.
Sonder musiek.
Sonder fone.
Al my liefde,
▪︎~Bushveld Bella 🏡~▪︎
(Leoni xx)