14/10/2025
𝗟𝗲𝗲𝘀 𝙑𝙚𝙚𝙥𝙡𝙖𝙖𝙨 𝘀𝗲 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟱-𝘂𝗶𝘁𝗴𝗮𝘄𝗲
Bek-en-klouseer (BEK) het vanjaar groot kommer onder beesprodusente veroorsaak. Dit het ’n ernstige impak op beide vleisprodusente asook die melkbedryf. In die hoofartikel in 𝘝𝘦𝘦𝘱𝘭𝘢𝘢𝘴 se Oktober-uitgawe gee dr Mark Chimes, bekende melkbeesveearts en Melk SA se programbestuurder vir dieregesondheid en -welsyn, wenke rondom die hantering van BEK-uitbrekings.
𝘝𝘦𝘦𝘱𝘭𝘢𝘢𝘴 het by Rustin Shawe gaan kuier. Hy was Voermol Voere en medeborge se 2024 beesboer van die jaar. Sy Grassfields Droughtmaster-stoet, gevorderde embrioprogram, en kommersiële kudde stel ’n nuwe standaard in die bedryf. Lees meer oor sy boerderybenadering.
Oktober is Veeskool-maand en vanjaar word die 17de aflewering van die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) se gewilde ‘skool’ oudergewoonte by Aldam aangebied. Hierdie uitgawe van 𝘝𝘦𝘦𝘱𝘭𝘢𝘢𝘴 bevat die Veeskool-program sowel as populêre artikels oor ’n paar van die aanbiedings.
𝗢𝗼𝗸 𝗶𝗻 𝙑𝙚𝙚𝙥𝙡𝙖𝙖𝙨 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟱
· 2025 Klimaatslim-boeredag lok rekordgetal besoekers.
· Hoe klimaatsverandering weidings beïnvloed.
· Die Barnards se bokboerdery-sukses.
· Noord-Kapenaars vier fees om rooivleis te bemark.
· Die rol van uitvoer in die beesvleiswaardeketting.
· Voor in die koor met gebalanseerde voeding.
· Hernude optimisme in die Merinobedryf.
· Akkurate voermengsels: Elke kilogram tel.
· Die regte mengtegnieke vir optimale herkouerprestasie.
· Lamkruipvoer: ’n Lae-risiko, hoë-opbrengs belegging.
· Watter gewas lewer die beste kuilvoer?
· Gestandaardiseerde toetsing vir akkurate genetiese evaluering.
· Bosluisweerstand teen middels wek kommer.
· Die reg om vee aan te hou: Die opspraakwekkende Moladora-uitspraak.
· Plaaswerkers en ongemagtigde boetes.
· En vele meer!
Kry jou Oktober 2025-uitgawe van 𝘝𝘦𝘦𝘱𝘭𝘢𝘢𝘴 vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/zlui/ beskikbaar en kan ook by https://www.magzter.com/ZA/Plaas-Media/Veeplaas/Business/ aangekoop word. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.
Plaas Media Pieter Möller Dairy Standard Agency University of the Free State UFS Agricultural Economics / UV Landbou-Ekonomie Agri Northern Cape Old Mutual Insure Toyota SA Barnard & Seuns Savanna Stoet Voermol Feeds SA Grassfields Beef Droughtmasters National RPO / Nasionale RPO RPO Northern Cape / RPO Noord-Kaap SA Stud Book / SA Stamboek Thabazimbi Landbou Skou Livestock Registering Federation Howick Veterinary Clinic - Large Animal Molatek Le Roc Brangus NWGA Dohne Merino BKB Merino SA Renaissance Nutrition, Inc. Datamars.Livestock.Africa AFGRI Animal Feeds Grassland Society of Southern Africa Saamstaan Voere AgSci Unlimited Agricultural Research Council SA Braford Ilse Lombard Boerbokstoet Bonsmara SA Warden Dierehospitaal PSG Wealth Moolman & Pienaar Incorporated - Potchefstroom LWO Employers Organisation