23/09/2025
🚜🌱 POS BESKIKBAAR: VOORMAN – SAGTEVRUGTE PLAAS (Warm Bokkeveld) 🌱🚜
Ons soek ’n ervare en gemotiveerde Voorman om by ons span aan te sluit op ’n sagtevrugte plaas in die Warm Bokkeveld.
📌 Kwalifikasies & Ervaring:
✔️ Matrieksertifikaat (verpligtend)
✔️ Minimum 3 jaar ervaring as Voorman
✔️ Kennis en ervaring van vrugteproduksie 🍑🍐
✔️ Basiese gesondheid- en veiligheidskennis in die werksplek
✔️ Kan skryf, notas/verslae neem ✍️ en basiese wiskunde doen ➕➖
👤 Die ideale kandidaat:
✨ Goeie kommunikasievaardighede
✨ Kan ’n span lei en motiveer 💪
✨ Kan konflik hanteer en oplos
✨ Geldige bestuurslisensie is ’n voordeel 🚗
📍 Neem kennis:
- Geen behuising word voorsien nie 🏡❌
- Vervoer word voorsien vanaf Bella Vista en Prince Alfred’s Hamlet 🚐
- Andersins moet eie vervoer gereël word tot by die naaste optelpunt of direk tot op Rhodene Plaas.
📧 Aansoek:
Stuur u CV en bewys van opleiding na: [email protected]
⏰ Sluitingsdatum: Vrydag, 31 Oktober 2025
⚠️ Belangrik:
- Geen aansoeke via WhatsApp of Facebook Messenger word aanvaar nie!
- Indien u geen terugvoer ontvang binne 3 weke na die sluitingsdatum nie, is u aansoek ongelukkig onsuksesvol.