Paws Love Animal Shelter

Paws Love Animal Shelter Paws Love rescue and shelter with love, NPO Number 170-839

08/12/2024

Not even Mid Month and we have 29 intakes and we are OFFICIALLY FULL TO CAPACITY !!!
We are bursting at the seams and battling despite the Donations we have received this month so far, we are still in the RED!
We have Too Many lives to take Responsibility for and unfortunately not enough to cover our day to day costs!
We NEED your Support and HELP PLEASE!
Share our Pleas for Help if you are not in the Position to help but Help us Help The VOICELESS!
Even a R50 will make a difference and will be appreciated!! Contact 0836509558 for info please

Our banking details:

Purrpaws For Life Capitec Business Bank Vanderbijlpark Branch Code 450137 Cheque Acc No 1050748298

Or our Veterinary Support account in Meyerton:

Kliprivier Veterinary Clinic
Absa Bank 334137 Acc No 510152484
Ref: Purrpaws

fans

Skies oor paws love page. Ek nou huil ek d**k aan my ma erna wat sy partig mooi woorde op fb my oog trane nou
31/03/2023

Skies oor paws love page. Ek nou huil ek d**k aan my ma erna wat sy partig mooi woorde op fb my oog trane nou

❤️SYS n ENGEL❤️

Shoe my lyf is soo seer. My pote brand, my kussinkies is stukkend onder.. Ek het n hengse kopseer.. (jaaa kopseer, want ek het bosluiskoors) ek is dors ek is seer en moeg...

Ek d**k terug..

My mense pa het gister vir mamma gese.. Kaptein lyk nie lekker nie.. Maar daar is nie geld vir n vearts nie.. Mamma het gese.. Ons moet n plan maak. 😭😭😭Pappa het n plam gemaak.. Vanoggend het hy my op die bakkie gelaai. Daar was n nat kombers op, na laasnag se reen..
Ek het daarop gaan le.. Shoe lekker koel.. Ek het n koors, maar pappa maak n plan... Ek moet net vasbyt.

Ons ry n hele ent..
Die bakkie skud en skommel. My kop bars.. Ons stop. Pappa klim uit en se kom Kaptein!

Met moeite sukkel ek op, maar dankie tog ek gaan seker nou dr. toe.. Pa sien ek sukkel en bewe.. Hy vat my agter die nek en trek my van die bakkie af. Ek verloor my balans.. Ek sukkel op.. Wankel op my bene, om saam met pa te loop.. Brrrrr daar gaan pa. STOPPP❗❗blaf ek maar hy hoor nie.. Hy wil nie meer hoor nie. My hart is stukkend.
Hoekom gooi hy my weg. Ek het n dr nodig. Ek hoor die dood roep..

Hoe kom pappa dit doen? Hy dan altyd gese ek is sy seuna😭😭

Ek is dors.. My kop bars❗.
Ek is by n groot ashoop. Tussen niks en nerens.. Baie ou goed..papiere, blare sakke enige gemors dit stink dis warm.

Ek is dors. My kop en lyf pyn.. Ek voel siek.
Ek sien water.. Jipee heerlike water.. Al is dit lou dit sal help. Dis warm.. Baie baie warm.

Ek strompel voort.. Daar is water.. My bene gee in.. Ek is dors.. Ek dwing myself voort na die water poel..

Nog 3 tree.. Neee nee neee dis nie water nie. Dis n plastieksak se weerkaatsing in die son.. Pappa hoekom het jy my kom weg gooi...
Ek is moedeloos..
Ek is dors
Ek gee op....
Ek sterf😞..

Hier kom n engel.. Sy tel my saggies op. Sy soen my op my kop. Sy gee nie om dat ek vuil is nie.. Sy is n ENGEL.. Sy gee my n bietjie water.. Sy is n engel...

Sy praat snaaks, n vreemde taal... Seker oor sy n Engel is.. Maar ek verstaan haar.. Sy se alles is oky ek moet nie worry nie..

Sag in haar arms word ek meegevoer... Is dit hoe die honde Hemel voel?.

Hierdie engel vat my vearts toe..
Hle praat van PTS. Ek weet nie wat dit is nie. Die engel se nee! Nee! Nie PTS nie.. So dis nie iets lekkes nie.. Dr gee my n paar inspuitings en n pakkie pilletjies vir die Engel..

Die honde Hemel is snaaks.. Maar ek voel al beter. Hierdie engel vat my huis toe.. Na haar huis toe.. Na haar kamer toe.. Na haar bed toe.. Haar bed..Haar honde hemel..

Ek was nog nooit eers in n huis nie.. Wat staan nog n bed.. Maar My Engel sit my saggies op haar bed neer.. Op haar bed...
Daar is al baie ander honde maatjies in hierdie hemel...
Ek is tuis... Ek is tuis!!
Tuis by my Engel..

Ek besef ek is nie dood nie. Ek is in n aardse honde hemel..
Dankie Carika Pienaar ek lewe.. Ek is gesond.
Jy is n engel.
Jy is my engel.
Jy is ons engel.

Geskryf deur Erna Kosmos

15/10/2022

Goeie more almal jammer ek pla.. ek wil almal se asb moet nie geld betaail paws love sy rek nie asb. Ek het toe maak en asb vat jou geld skenk aan ander shelter asblief. Ek mag nie vra geld of iets nie.. en ons shelter paws love het toe.... Almal weet my hart baie baie baie seer honde my lewe.al honde weg wetnose toe gaan ek huil elk dag hoe ek mis honde kinders.ek nog kom kuier wetnose honde kinders. Dankie vir ales.... Ek altyd op fb vriende wees. Ek weet almal goeie mens❤️🐾🐾🐾dankie carika 💔

20/09/2022

Dis met groot hartseer dat ons aankondig dat Paws Love vandag gesluit het.
Hoofsaaklik weens tekort aan fondse.
Meeste van die honde word more oggend oorgeteken aan Wetnose.
Carika gaan net n paar privaat honde hou, soos toelaatbaar by n gewone woonhuis.
Geen fondse en hondekos sal verder ingesamel word nie.
Hou asb vir Carika in u gedagtes en gebede - sy is verpletter van hartseer.
Gee haar asb kans vanaand om te rus.

Ons bedank almal vir u hulp deur die jare.
Paws Love Raadslede en Admin span

Carika en al die Paws Love woefters huil vandag trane van dankbaarheid 🙏🙏😅Ilse Meyer van Rani herbs het 13 x20kg sakke h...
13/09/2022

Carika en al die Paws Love woefters huil vandag trane van dankbaarheid 🙏🙏😅
Ilse Meyer van Rani herbs het 13 x20kg sakke hondekos, waarvoor sy betaal het, laat aflewer by die shelter.
Die eienaar van Leeukuil Voere, Jaco, het besluit om 7 sakke ekstra te skenk! Hy het ook als afgelewer op sy onkoste!
Ons is sprakeloos dankbaar!!!

Ongelukkig moet ons ook hier noem dat n vriend van Paws Love omtrent R7500 van ons donasiegeld gesteel het! Ons het bewyse, maar dit mag dalk al meer wees teen die tyd.
Hy het geld ingesamel op Tiktok vir Paws Love en als laat inbetaal in sy privaat bankrekening. Dit was Junie 2022. Tot vandag het hy nie R1 oorhandig nie en antwoord nie ons boodskappe nie.
Baie mense het inbetaal. Onder andere twee van ons admin lede ook en hul kliente.
Hoe slaap n mens as jy steel van shelter honde en dowe mense? En dit in die tyd wat Carika haar ma en pa verloor het!

Ons wil nie sy naam en profile hier plaas nie, maar ander shelters kan dalk dieselfde oorkom. Hy het verskeie besighede op Cullinan/Reyton. Hy belowe ook kommissie op sy verkope maar gee dit nooit.
Tiktok handle is "vet_pretters".
Maar God slaap nie en ons is dankbaar dat ons honde nou genoeg kos het. Baie dankie Ilse en Jaco 💖🥰🐕🐺🤩💋

Ons woefs sê baie dankie vir Ezette Reynders van Moregloed vir haar skenking van 25kg hondekos.Ezette skenk gereeld en o...
07/09/2022

Ons woefs sê baie dankie vir Ezette Reynders van Moregloed vir haar skenking van 25kg hondekos.
Ezette skenk gereeld en ons waardeer dit so baie.

Ons sê baie baie dankie vir Thinus en Thea van East Lynne wat vanoggend 4x 20kg hondekos, n sak speelgoed en n groot pap...
02/09/2022

Ons sê baie baie dankie vir Thinus en Thea van East Lynne wat vanoggend 4x 20kg hondekos, n sak speelgoed en n groot papagaai hok gebring het. Die hok word gebruik om honde te vervoer vir steri of na steri veilig te hou totdat die wond genees het. Dit help ons geweldig baie! Mag julle 7x terug geseen word 🥰😍🙏💖

30/08/2022

Address

42 Mossie Road, Onderstepoort
Pretoria
0110

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 17:00

Telephone

+27832845113

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Paws Love Animal Shelter posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share