Plaasbrak

Plaasbrak Plaas-huis. Brak-tuis.

26/08/2026

The process of the first PlaasBEKKIE! 🤣

My hare het my so gepla, of pla die wind? 😉🤣

26/08/2026

WENNER! Introducing PlaasBEKKIE. 🥳❤️🥰👏🏼
Die wenner is Mikaela Willemse ! 🥳 Well done girl! 👏🏼 Jy het die beste naam ooit voorgestel!

PlaasBekkie is amptelik beskikbaar om elke liewe kind in die land te maak slaap. 😎

Nog meer gelukkige stertjies 🐾🥰🐾 Plaasbrak Hondebeddens 🐾Plaasbrak-beddens word gemaak van sterk, duursame koffiesakke w...
24/08/2026

Nog meer gelukkige stertjies 🐾🥰

🐾 Plaasbrak Hondebeddens 🐾

Plaasbrak-beddens word gemaak van sterk, duursame koffiesakke wat van regoor die wêreld af kom (Tanzanië, Ethiopië, Kenia en meer). Elke bed het sy eie unieke storie en word met liefde handgemaak. 🤎

✨ Hoekom hou honde (en katte!) daarvan?

Gevul met los spons, sodat jy die bed enige tyd weer kan oppof.
Wasbaar in ’n bo-laaier wasmasjien of maklik met ’n tuinslang skoon te spuit.
Bykomende oortreksels is beskikbaar vir ekstra beskerming en maklike was.
Persoonlike name, ekstra spons, dubbel-oortreksels en ander aanpassings is ook beskikbaar.

Uit 800+ Plaasbrakke het ongeveer 92% nie die bed gekou of stukkend gemaak nie – en selfs katte sukkel om die materiaal met hul naels te skeur! 🐶🐱

Ons bied ook ’n 2nd Chance Policy: As jou viervoetige kind die bed binne die eerste 30 dae verniel, kry jy ’n gratis sakoortreksel om die bed weer bruikbaar te maak. (T’s & C’s geld.)

Sterk. Rustiek. Prakties. En gemaak vir regte Plaasbrakke. 🌾🐾

24/08/2026

PLAASBRAK Hondbeddens - Gemaak met liefde, pootjies en ’n passie vir hergebruik.



Stuur n WhatsApp na 0677201101 en maak vandag jou plaasbrakkie die gelukkigste onder die son. 🐾🥰

Hierdie hondbeddens is regtig iets besonders. Elke bed word met die hand gemaak van oorspronklike 60 kg streepsak-koffiesakke, wat beteken elke bed het sy eie storie en karakter. Omdat die koffiesakke elke keer verskil, kan jy afdrukke kry van plekke soos Tanzanië, Ethiopië, Durban, Pretoria, Indië en meer — geen twee beddens is ooit dieselfde nie.

Binne-in word die beddens gevul met hoëgehalte gesnipperde skuim, afkomstig van ’n betroubare fabriek wat matrasse, rusbanke en kussings vervaardig. Elke bed word daarna sorgvuldig met die hand toegewerk om sterkte, gemak en duursaamheid te verseker.

Jy kan dit in ’n bo-laaier wasmasjien sit. Die vesel beskadig nie jou wasmasjien nie. Die vesel sit bo-op die materiaal, so wanneer jy dit aan die waslyn ophang, kan jy dit ná dit droog is met ’n borsel afborsel. Die drukwerk kan ’n bietjie vervaag met was in ’n wasmasjien 😊 Ek was my klere sommer direk nadat ek ’n bed gewas het.
Jy kan dit ook met ’n tuinslang afspuit of dit in die reën laat lê 😊

En hier is die beste deel: 90% van honde kou nie aan hulle nie. Die stewige koffiesakmateriaal is eenvoudig nie aanloklik vir kouers nie — en die bewys is in die pootjies.

24/08/2026

Weet julle hoe lekker is dit om jou eie Esel te bou! Dit was FUN! 😁🐾😃

'n Boer doen dit self. 😎

24/08/2026

Toe ek my 2de (mooi kwaliteit) gazebo gekoop het en SELF SPRAY PAINT GEBRAND HET. 💁🏼‍♀️🐾

'n Boer doen dit self. 😎

24/08/2026

Van julle wil sien hoe was VryFees. 😎🐾

Ek is so skaam! Here goes nothing. 😅😂

Address

Pretoria
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Plaasbrak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category