Corlia's Parrot Grooming And Rani Product Agent

Corlia's Parrot Grooming And Rani Product Agent Parrot Grooming in Gauteng areas. Products can be couriered.

Die oulike Jardine is by n nuwe eienaar wat nou mooi leer van al die kosse wat hul eintlik moet eet. Hy gaan asap veeart...
27/08/2026

Die oulike Jardine is by n nuwe eienaar wat nou mooi leer van al die kosse wat hul eintlik moet eet.
Hy gaan asap veearts toe sodat dr kan toets wat alles fout is.
Hy was sy lewe lank net op parrot mix (15-20jr).

Resultate soos die wat alles die moeite werd maak.
Nie net kon ons sy snawel shape nie, maar die nuwe eienaar sit nou alles in om die Jardine n beter lewe te gee.

22/08/2026
African grey Snawel lyk nou weer baie mooi.
20/08/2026

African grey
Snawel lyk nou weer baie mooi.

Eclectus papegaaiBeslis die soetste eclectus wat ons al ooit gegroom het en baie sweet.
20/08/2026

Eclectus papegaai
Beslis die soetste eclectus wat ons al ooit gegroom het en baie sweet.

KEMPTON PARK/JHB/BOKSBURG ECT📢Ons het besluit om n ekstra groom dag in te werk, aangesien daar baie nuwe mense bygekom h...
08/08/2026

KEMPTON PARK/JHB/BOKSBURG ECT

📢Ons het besluit om n ekstra groom dag in te werk, aangesien daar baie nuwe mense bygekom het by wie ons nie kon uitkom nie.

Boek asb slegs oor whatsapp.

0️⃣7️⃣1️⃣9️⃣6️⃣4️⃣6️⃣8️⃣5️⃣6️⃣

‼️BOELIE /AANRANDING ALERT TYDENS GROOMING‼️📢Soos almal wat ons ken weet, bestaan ons grooming span net uit ons 2 vrouen...
06/08/2026

‼️BOELIE /AANRANDING ALERT TYDENS GROOMING‼️📢

Soos almal wat ons ken weet, bestaan ons grooming span net uit ons 2 vrouens (Ek en my Suster Adi Taylor )

Voor ek die storie vertel wil ek net eers meer inligting gee oor die kliënt.

🟣Sy boek al jare lank by ons vir grooming ,elke 3 maande in Kempton park.

🟣Aan die begin was daar 3 African greys waarvan 2 ongelooflik siek was. Toe is daar slegs 1 grey en 2 koketiele weer by. Wat van die ander 2 greys geword het weet ek nie.Ek het 'n paar keer oor whatsapp paar goed uitgewys en aanbeveel gaan veearts toe. Altyd op n baie mooi manier met haar gepraat en alles verduidelik. Baie tyd ingesit om haar alles te leer. Baie vinnig agter gekom dat niks erenstig opgevat word nie en sy raad sien as n persoonlike aanval. In so geval maak ek seker die kliënt verstaan dat indien 1 van die papegaaie sterf tydens grooming dat ONS GEEN VERANTWOORDELIKHEID daarvoor sal vat nie. Dat ons nie gemaklik is om grooming op siek papegaaie te doen nie.

🟣Sy is nooit daar tydens grooming nie, haar huishulp maak altyd vir ons oop.

🟣Daar is cameras waar die papegaaie gegroom word, so sy kan elke keer presies sien wat ons doen.

Wel hier kom die storie nou:
Dinsdag 4 Aug 2026 is sy weer op die lys. Kom daar aan, soos altyd maak die huishulp vir ons oop. Soos altyd groet ons haar en sê dankie.
Groom die African Grey klaar.
Begin met die eerste kokketiel en hier kom stap die kliënt in en ons ontmoet haar vir die eerste keer.

Julle ek het nog nooit in my lewe iemand ontmoet wat op so manier n mens groet nie. Haar HELE lyftaal en manier van praat het gewys dat sy 100% reg is vir moeilikheid maak.
Ons gaan maar aan, verstaan nie die vibe wat aan die gang is nie.
Hier begin sy alles wat ons doen bevraagteken met n baie stink houding. Ons antwoord haar op al haar vrae soos ons almal altyd sal antwoord (ignore die houding).
Ons moet ook hoor hoe belaglik duur ons groom fooi is. Eweskielik is dit duur, eweskielik doen ons alles verkeerd wat ons jaar in en jaar uit presies dieselfde doen.
Sy vertel ons toe nou dat ons houding trek met haar (wat nie die geval was nie), ons het baie ongemaklik met haar gevoel wat amper bo op ons staan en skree op ons. Sy sê toe dat ons blykbaar haar seun met n houding hanteer het 1 of ander tyd toe hy blykbaar vir ons oopgemaak het. Ek en Adi is in skok, ons onthou geen seun wat al OOIT vir ons daar oopgemaak het nie. Dit was altyd net die huishulp sover ons kan onthou. Indien hy wel al oopgemaak het, HOEKOM sou ons met n seun houding hê????
Elkgeval, ons sê toe as dit voorgekom het of ons n houding gehad het vra ons groot onverskoning en dat dit nie ons bedoeling was nie.

So dit alles gebeur nou terwyl ons nog besig is om die kokketiele te doen. Heeltyd SKREE sy, sy praat nie sy skree en nie van n afstand af nie, reg in ons gesigte, in ons spasie dalk n halwe cm van ons gesigte af.
Eweskielik het sy n issue oor hoe ons die kokketiele uit die hok uit haal. Sy gaan die volgende 1 nou self uithaal. Ja great, stres sy hom in sy moer in uit en kry hom elkgeval nie uit die hok uit nie, want sy het duidelik nie n idee hoe om met hulle te werk nie. Vertel ons hoe ons nie weet wat ons doen nie. Sê net sleg en skree.
Ek het iewers haar gevra is dit moontlik om asb normaal met ons te praat en nie te skree nie. Toe GIL sy dat die hele buurt haar hoor: JULLE IS NIE NORMAAL NIE, DIE IS WAT SKREE IS, EK SKREE NIE OP JULLE NIE. Heeltyd blok sy die ingang so ons is vasgevang met haar amper bo op ons. Nou ja dank vader die voëls is toe almal nou klaar gegroom en deur haar gegil en skree getramatuseer. Ons wou net daar uit asap ,want die vrou se kop verloor haar 100%.

Sy skree toe fokof uit my huis uit. Julle weet nie wat julle doen nie. Dat n fokken kind vir my moet vertel hoe om na my papegaaie om te sien (iets soos dit, kan nie die presiese woorde onthou nie).

So toe "fokof"ons uit. Met die uit beweeg, skree sy gaan julle nou die vere net daar los.... Ek kon myself nie help nie en sê toe die verkeertste ding, maar ek was goed gatvol vir haar geskree en geboelie wat ons nie verdien nie. Ek het gesê ek is nie hier om jou huis skoon te maak nie , ek is hier om te groom.
Letwel, elke keer wil ons dit skoonmaak, dan sê die huishulp ons kan dit los sy sal skoonmaak.

‼️Beare with me, die beste kom nog...‼️

Ons is toe nou al buite by die safety gate en hier kom die seun gesig wys. Die vrou sê ja haar arme kind kruip in die kamer vir ons weg, want hy is bang vir ons houding (wat nooit gebeur het nie).
Ons groet die seun. Probeer by hom hoor wanneer het ons wat gedoen, want ons verstaan glad nie waar dit van daan kom nie. Seun staan met n mond vol tande want die ma gil en skree one way. Niemand kry gepraat nie. Sy begin toe vir haar seun sê ek het hulle approach oor die houding en sien presies waarvan jy praat my kind. Ons try toe PRAAT soos volwasse mense en die vrou se kop los haar toe heeltemal. Skree sy op my SHUT UP , druk haar vinger in my gesig met meening om my uit te lok.
Nou ja hier het ek dit verloor. Heeltyd nog het ek en Adi ons gedra en probeer mooi praat. Toe sy haar vinger in my gesig druk met meening toe maak ek reg om myself te verdedig, met die toe klap sy die safety gate in my vas (aangeheg is bewyse van blou kolle). En die seun skree toe vir my fokof jou h**r. Ja dis alles op recordings.. Behalwe die wat in die huis gebeur het. Dit het ons nie op recording nie.

Toe sy agter kom daar word n video ook gevat toe begin sy ook n video vat en eweskielik skree sy julle maak my seer🫪. Julle trespass, gaan uit my erf uit.
Marlese het geboek, het gevra ons moet daar gaan groom, het haar huishulp gevra maak vir ons oop. D**k nie sy weet wat trespass beteken nie.
Toe het sy somer n alarm of n panic button gedruk. Belaglik!!

Ek het baie goed uitgelaat wat gebeur het en gesê was. Maar hier is n paar woorde van haar kant af:
Julle bi***es
Jy is n fokken kind
Adi is n h**r genoem deur die vrou
Dont be FU**ED UP
Ek sal betaal wanneer ek wil
Ek gaan n skoonmaak fooi aftrek
En soveel meer wat ek eerder nie gaan uit tik nie.

Wens ek het die begin tot einde gehad om te wys hoe ons met haar gepraat het. Aan die einde na sy haar vinger in my gesig gedruk het toe verloor ek en Adi dit. Mens kan net so lank terug staan en nie reageer soos die persoon jou probeer uitlok om te reageer nie.

Moral of the story:

Sy is mentally unstable en het geen idee hoe om n gesprek met mense te voer nie. Ken net van gil/skree/vloek en sleg sê.

Ek het geen idee wat oor haar lewe geloop het daai dag dat sy besluit het sy moet haar issues/probleme op ons uithaal nie.

Jaar in en jaar uit doen ons alles dieselfde. Sy bly boek, sy is happy. Sien op die cameras wat ons doen en vind fout met niks. Eweskielik is alles verkeerd en weet ons nie wat ons doen nie.

‼️Die wat ons ken ASB gee raad‼️
Wat d**k julle moet ons 2 vrouens doen om seker te maak ons is veilig? Adi het n voorstel gemaak van dalk n body cam altyd op ons hê, obviously almal in kennis stel daarvan.
Enige advies is welkom.

Wat ek hier uit geleer het is dat ons actually baie goed ons self in toom kan hou met iemand wat skree in ons gesigte.
Geleer dat jy jare veilig kan voel by n kliënt en eweskielik verander dit vir geen rede nie.
Dat jy mense kry wat maak nie saak hoe ordentlik jy met hul is, dat hul nie in staat is om normaal met jou te kan praat nie.
Dat my amper 12jarige kind sy emosies beter kan beheer as n volwasse vrou.

Die wêreld is n lelike plek asgevolg van mense soos die!

PAPEGAAI GROOMING:📍Pretoria/Centurion Papegaai Grooming🦜🏡Huis besoek.🟣 30 Julie - Volgeboek  ❌️🟣 6 Aug - 8 Plekke oop✅️🟣...
29/07/2026

PAPEGAAI GROOMING:

📍Pretoria/Centurion Papegaai Grooming🦜
🏡Huis besoek.

🟣 30 Julie - Volgeboek ❌️
🟣 6 Aug - 8 Plekke oop✅️
🟣13 Aug - 11 Plekke oop✅️
🟣 20 Aug - 13 Plekke oop✅️
🟣 27 Aug - 14 Plekke oop ✅️

🦜BOEK ASB SLEGS OOR WHATSAPP🦜

🦋0️⃣7️⃣1️⃣9️⃣6️⃣4️⃣6️⃣8️⃣5️⃣6️⃣🦋

‼️BRAKPAN 🦜PARROT🦜GROOMING‼️📍162 Kitzinger ave, Dalview🗓1 Aug⌚️10:00 - 14:00🟣Professional Grooming:Nails✅️Beak✅️Wings✅️🟣...
28/07/2026

‼️BRAKPAN 🦜PARROT🦜GROOMING‼️

📍162 Kitzinger ave, Dalview
🗓1 Aug
⌚️10:00 - 14:00

🟣Professional Grooming:
Nails✅️
Beak✅️
Wings✅️

🟣DNA Sexing:
Quick and safe blood testing to determine if your parrot is male or female.
Many parrot species look identical externally, and knowing their gender helps you manage behavioral changes, dietary needs, and potential health risks like egg-binding.

🟣Available for Sale On This Day:
🪵Sekelbos Perches - Natural wood perches that help keep claws filed naturally.
☘️ Herbal products to boost immunity.
🦜Nutritious Food - Healthy seeds, Pellets, Grains and Germinated seeds.
🪅Fun Toys: Safe, engaging toys to keep your parrot mentally stimulated.

☎️Whatsapp us for more info.
0️⃣7️⃣1️⃣9️⃣6️⃣4️⃣6️⃣8️⃣5️⃣6️⃣

Address

Pretoria

Opening Hours

Monday 07:30 - 18:00
Tuesday 07:30 - 18:00
Wednesday 07:30 - 18:00
Thursday 07:30 - 18:00
Friday 07:30 - 18:00
Saturday 08:00 - 14:00

Telephone

+27719646856

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Corlia's Parrot Grooming And Rani Product Agent posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share