Wolhaarkop Tuli's

Directions Website Contact the business

Wolhaarkop Tuli's Wolhaarkop Tuli's: uit die Kalahari vir die Kalahari. Tuli Cattle Stud

02/10/2026
20/09/2026
20/08/2026

Goeie dag vrinne en inwoners van Postmasburg en omstreke:
*Agri Postmasburg bied op 17 September 2026 ons jaarlikse Opedag aan.*
Almal is welkom.

Hierdie jaar gaan ons groot. Kyk na die lys van deelnemers. Sprekers met hierdie aansien besoek nie ons wêreld baie nie. Kom luister gerus na hulle.

*Aktuele sake is op die agenda:*
Natuurlik Bek- en klouseer en ander landbouverwante onderwerpe. *Dewaldt Olivier, Dr de Wet Barnard en Charl du Plessis.*
Die stand van die ekonomie. *Dr Rudolf Botha*
Die nuutste en varste korrupsie en kapingsgedagtes. *Pieter du Toit*
Nuutste neigings en tendense in die ‘’onderwêreld’’ van bemarking en die sosiale media waarvan ons voorgee ons weet iets, maar eintlik verstaan ons bitter min daarvan. *Pieter Groenewald en AJ du Plessis*

Die bekende en pittige *Pieter Moller* is die seremoniemeester. Net sy kwinkslae maak dit al die moeite werd om die dag by te woon.

Skole, besighede en die oue Te Huis behoort die dag te sluit sodat almal kan bywoon. 🫣😇
Skoliere in skoolklere en die seniors bo 70 betaal net R100.

Sien asseblief die aangehegte brosjure vir meer inligting.
*Skandeer die QR kode en bespreek jou sitplek* so gou moontlik. Toegangsgeld word by die deur betaal.

*Hoop ons sien julle daar.*
Mooi tye tot dan👋

02/10/2025
28/09/2025

'n Nuwe Superster is gebore!

Sasha Feinberg Ngomezulu het 'n nuwe Springbokrekord van 37 punte in die Bokke se rekordoorwinning van 67-30 oor Argentinië aangeteken.

Dit was 'n hul jou hier en kul jou daar-vertoning wat drie skitterdrieë ingesluit het.

Dit was inderwaarheid 'n vertoning van toorkuns en die beste vertoning van 'n Bok in dekades.

Of dalk ooit!

Dat hy dit so non-chalant doen is 'n bewys van sy spesiale talente.

Sy "dummy" vir sy tweede drie en sy voetaangee vir Cheslin Kolbe se drie was magic.

Die Bokke het ses drieë teen een in die tweede helfte gedruk.

Dit was inderwaarheid 'n bizare toetswedstryd soos geen ander nie.

Van Cheslin Kolbe se "inskop" uit sy eie doelgebied en strafdrieë.

*Mngomezulu het met sy vertoning Percy Montgomery se rekord van 35 geslaan.

Address

Krommelaan 2
Postmasburg
8420

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wolhaarkop Tuli's posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Wolhaarkop Tuli's:

Shortcuts

Share