Nylstroom Dierekliniek

Nylstroom Dierekliniek Nylstroom Dierekliniek is 'n eersteklas veeartseny kliniek wat troeteldiere, kleinvee, beeste, perde en wilde diere behandel.

As diereliefhebbers verstaan ​​ons dat u troeteldier nie net 'n troeteldier is nie, maar 'n geliefde familielid!

🌟 𝙊𝙥𝙬𝙞𝙣𝙙𝙚𝙣𝙙𝙚 𝙉𝙪𝙪𝙨 𝙗𝙮 𝙉𝙮𝙡𝙨𝙩𝙧𝙤𝙤𝙢 𝘿𝙞𝙚𝙧𝙚𝙠𝙡𝙞𝙣𝙞𝙚𝙠! 🌟𝘖𝘯𝘴 𝘪𝘴 𝘰𝘯𝘨𝘦𝘭𝘰𝘰𝘧𝘭𝘪𝘬 𝘰𝘱𝘨𝘦𝘸𝘰𝘯𝘥𝘦 𝘰𝘮 𝘢𝘢𝘯 𝘵𝘦 𝘬𝘰𝘯𝘥𝘪𝘨 𝘥𝘢𝘵 𝘰𝘯𝘴 𝘴𝘱𝘢𝘯 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘯𝘶𝘸𝘦 “𝘧𝘢𝘮𝘪...
12/08/2025

🌟 𝙊𝙥𝙬𝙞𝙣𝙙𝙚𝙣𝙙𝙚 𝙉𝙪𝙪𝙨 𝙗𝙮 𝙉𝙮𝙡𝙨𝙩𝙧𝙤𝙤𝙢 𝘿𝙞𝙚𝙧𝙚𝙠𝙡𝙞𝙣𝙞𝙚𝙠! 🌟
𝘖𝘯𝘴 𝘪𝘴 𝘰𝘯𝘨𝘦𝘭𝘰𝘰𝘧𝘭𝘪𝘬 𝘰𝘱𝘨𝘦𝘸𝘰𝘯𝘥𝘦 𝘰𝘮 𝘢𝘢𝘯 𝘵𝘦 𝘬𝘰𝘯𝘥𝘪𝘨 𝘥𝘢𝘵 𝘰𝘯𝘴 𝘴𝘱𝘢𝘯 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘯𝘶𝘸𝘦 “𝘧𝘢𝘮𝘪𝘭𝘪𝘦𝘭𝘦𝘥𝘦” 𝘳𝘺𝘬𝘦𝘳 𝘪𝘴! 🎉

👨‍⚕️ 𝘿𝙧 𝙀𝙧𝙣𝙨𝙩 𝙋𝙞𝙖𝙩𝙚𝙧 – 𝘰𝘰𝘳𝘴𝘱𝘳𝘰𝘯𝘬𝘭𝘪𝘬 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘝𝘳𝘺𝘴𝘵𝘢𝘢𝘵, 𝘮𝘦𝘵 ’𝘯 𝘥𝘪𝘦𝘱𝘨𝘦𝘸𝘰𝘳𝘵𝘦𝘭𝘥𝘦 𝘱𝘢𝘴𝘴𝘪𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘷𝘦𝘦- 𝘦𝘯 𝘱𝘳𝘰𝘥𝘶𝘬𝘴𝘪𝘦𝘥𝘪𝘦𝘳𝘦. 𝘏𝘺 𝘣𝘳𝘪𝘯𝘨 ’𝘯 𝘳𝘺𝘬𝘥𝘰𝘮 𝘢𝘢𝘯 𝘬𝘦𝘯𝘯𝘪𝘴, 𝘱𝘳𝘢𝘬𝘵𝘪𝘦𝘴𝘦 𝘦𝘳𝘷𝘢𝘳𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘯 ’𝘯 𝘰𝘱𝘳𝘦𝘨𝘵𝘦 𝘵𝘰𝘦𝘸𝘺𝘥𝘪𝘯𝘨 𝘰𝘮 𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘰𝘯𝘥𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘦𝘯 𝘸𝘦𝘭𝘴𝘵𝘢𝘯𝘥 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦𝘳𝘦 𝘵𝘦 𝘣𝘦𝘷𝘰𝘳𝘥𝘦𝘳.

👩‍⚕️ 𝙎𝙧 𝙅𝙤𝙯𝙚𝙡𝙡𝙚 𝙇𝙤𝙪𝙬 – ’𝘯 𝘸𝘢𝘳𝘦 𝘞𝘢𝘵𝘦𝘳𝘣𝘦𝘳𝘨𝘦𝘳 𝘪𝘯 𝘮𝘶𝘳𝘨 𝘦𝘯 𝘣𝘦𝘦𝘯, 𝘣𝘦𝘬𝘦𝘯𝘥 𝘷𝘪𝘳 𝘩𝘢𝘢𝘳 𝘸𝘢𝘳𝘮 𝘨𝘭𝘪𝘮𝘭𝘢𝘨, 𝘦𝘯 𝘳𝘦𝘦𝘥𝘴 𝘷𝘪𝘳 31 𝘫𝘢𝘢𝘳 ’𝘯 𝘵𝘰𝘦𝘨𝘦𝘸𝘺𝘥𝘦 𝘷𝘦𝘦𝘢𝘳𝘵𝘴-𝘷𝘦𝘳𝘱𝘭𝘦𝘦𝘨𝘬𝘶𝘯𝘥𝘪𝘨𝘦.

𝘔𝘦𝘵 𝘩𝘶𝘭 𝘱𝘢𝘴𝘴𝘪𝘦, 𝘬𝘦𝘯𝘯𝘪𝘴 𝘦𝘯 𝘦𝘯𝘦𝘳𝘨𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘦𝘨 𝘰𝘯𝘴 𝙣𝙪𝙬𝙚 𝙗𝙡𝙤𝙚𝙙 𝘣𝘺 𝘰𝘯𝘴 𝘱𝘳𝘢𝘬𝘵𝘺𝘬 𝘰𝘮 𝘯𝘰́𝘨 𝘣𝘦𝘵𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘶 𝙩𝙧𝙤𝙚𝙩𝙚𝙡𝙠𝙞𝙣𝙙𝙚𝙧𝙨 𝘦́𝘯 𝘱𝘭𝘢𝘢𝘴𝘥𝘪𝘦𝘳𝘦 𝘰𝘮 𝘵𝘦 𝘴𝘪𝘦𝘯. 💚

𝘒𝘰𝘮 𝘴𝘦̂ 𝘨𝘦𝘳𝘶𝘴 𝘩𝘢𝘭𝘭𝘰 𝘢𝘴 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘰𝘯𝘴 𝘣𝘦𝘴𝘰𝘦𝘬 – 𝘰𝘯𝘴 𝘬𝘢𝘯 𝘯𝘪𝘦 𝘸𝘢𝘨 𝘰𝘮 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘢𝘢𝘯 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘷𝘰𝘰𝘳 𝘵𝘦 𝘴𝘵𝘦𝘭 𝘯𝘪𝘦! 🐾

📍 𝙉𝙮𝙡𝙨𝙩𝙧𝙤𝙤𝙢 𝘿𝙞𝙚𝙧𝙚𝙠𝙡𝙞𝙣𝙞𝙚𝙠 – 𝘑𝘰𝘶 𝘥𝘪𝘦𝘳𝘦𝘨𝘦𝘴𝘰𝘯𝘥𝘩𝘦𝘪𝘥, 𝘰𝘯𝘴 𝘱𝘢𝘴𝘴𝘪𝘦.

11/08/2025
🌟 GROOT NUUS! 🌟Ons wil graag bietjie spog met een van ons eie – Mariza is gekies vir die Suid-Afrikaanse Meester Dames R...
14/07/2025

🌟 GROOT NUUS! 🌟
Ons wil graag bietjie spog met een van ons eie – Mariza is gekies vir die Suid-Afrikaanse Meester Dames Ringbalspan! 🇿🇦🏐

Ons manne kan nie altyd al die shine kry nie… dis tyd dat ons dames ook hul krag en talent wys! 💪😉

Ons is vreeslik trots op jou, Mariza – jy wys dat jy nie net in die spreekkamer ’n ster is nie, maar ook op die ringbalbaan! Sterkte vir alles wat voorlê – ons weet jy gaan SA se kleure met trots en ywer dra! 🌿🐾






Mariza Toet Van Rensburg

🦎💉 LEKKEWAAN-NOODGEVAL! 💉🦎Kyk net wie het by Nylstroom Dierekliniek beland ná ’n ongelukkige botsing met ’n motor! 😢Die ...
27/06/2025

🦎💉 LEKKEWAAN-NOODGEVAL! 💉🦎

Kyk net wie het by Nylstroom Dierekliniek beland ná ’n ongelukkige botsing met ’n motor! 😢

Die ongelooflike span van Prime CREW Wildlife het hierdie pragtige lekkewaan langs die pad by Koro Creek Bushveld Golf Estate gekry nadat iemand hom raakgery het. Sonder om te twyfel, het hulle hom dadelik na ons toe gebring vir hulp. 🛻🦎

Ons het hom gesedeer (hy is heeltemal gesedeer in die foto’s 😵‍💫), behandel, en met liefde versorg. Die goeie nuus? Hy is op pad na herstel en sal binnekort weer vrygelaat word in die natuur waar hy hoort! 🌿🏞️

By Nylstroom Dierekliniek glo ons elke lewe tel – van katte en honde tot wilde lekkewane! 🐶🐱🐴🦎
Ons help enige en elke dier.

GROOT dankie aan Prime Crew Wildlife vir hulle vinnige optrede en groot harte vir diere! 🙌

Wanneer jy probeer vriende maak met ’n ystervark… en hy sê “NEE”! 😬🦔😂Roxy, het vandag by die kliniek opgedaag met TWEE y...
06/06/2025

Wanneer jy probeer vriende maak met ’n ystervark… en hy sê “NEE”! 😬🦔😂

Roxy, het vandag by die kliniek opgedaag met TWEE ystervarkpenne – reguit in die neus! 😱 Dis seker nie die “neuspiercing” wat sy in gedagte gehad het nie…

Na ’n bietjie gegrom, gesnuif en baie BRAAF wees, is die penne uit en Roxy is weer reg vir aksie (minus haar nuwe “versierings”). 😅💪

Nota aan alle honde: Ystervarke is nie vriende of speelgoed nie. Hulle “deel uit” – en nie lekkernye nie. 😆🐾

Sterkte Roxy! Jy’s ’n regte superster! 🌟





🐾🎾 Kyk net dié dinamiese duo! 🎾🐾Ons manne van Nylstroom Dierekliniek het gisteraand hul padel-passie ten toon gestel tyd...
04/06/2025

🐾🎾 Kyk net dié dinamiese duo! 🎾🐾

Ons manne van Nylstroom Dierekliniek het gisteraand hul padel-passie ten toon gestel tydens die eerste aand van die 11-week Padel Toernooi by Dorsland Padel Klub ! 💪😄

🐕‍🦺💥 Hulle is dalk bekend vir inspuitings en operasies, maar op die baan deel hulle eerder uitklophoue uit as pille! Kom sien self hoe ons veeartse hulle staal wys – raket in die hand en lag op die lippe!

👉 Kom kuier elke Dinsdag vanaf 17:30 by Dorsland – bring jou geesdrif, lagspiere en dalk ’n warm kombersie. Dis pret, plesier en padel soos jy dit nog nie gesien het nie! 🐶🎉

📸 Kyk net daardie smiles… en daardie kolfvaardighede!


Dorsland Restaurant & Craft Bar

Dis nie elke dag dat ons ’n seekoei op ’n drip sit nie! 🦛💉Hierdie jong seekoei was vreeslik siek weens ’n enorme abses. ...
26/05/2025

Dis nie elke dag dat ons ’n seekoei op ’n drip sit nie! 🦛💉

Hierdie jong seekoei was vreeslik siek weens ’n enorme abses. Dr. Karel is dringend ontbied en het haar dadelik behandel en op ‘n drip gesit. Gelukkig toon sy reeds verbetering!

Ons is dankbaar dat ons kon help, en trots op ons span se toewyding – of dit nou ’n kat, hond of seekoei is.

🎉 Trots oomblik! 🐾Twee van ons dierbare spanlede by Nylstroom Dierekliniek het vandag deelgeneem aan die Fit for Fur fik...
20/05/2025

🎉 Trots oomblik! 🐾

Twee van ons dierbare spanlede by Nylstroom Dierekliniek het vandag deelgeneem aan die Fit for Fur fiksheidsuitdaging – alles ter ondersteuning van MAWEC Animal Welfare Centre! 💪🐶🐱

’n Groot dankie en gelukwensing aan René van Fitness Studio Nylstroom vir die aanbieding van só ’n fantastiese geleentheid. Jy het dit regtig besonders gemaak! 👏

Get Ready for a Day of Fitness, Fun, and Giving Back! GIRLS ONLY!Fitness Fundraiser Challenge In support of Mawec Animal...
13/05/2025

Get Ready for a Day of Fitness, Fun, and Giving Back! GIRLS ONLY!

Fitness Fundraiser Challenge In support of Mawec Animal Welfare
🐶🐱

Think you’re up for the challenge?
Come take on our timed fitness course and show us what you’ve got! 💪🏼

Date: 20 May
Time: Anytime between 5:00-17:00
Duration: Maximum 1 hour
Where: Fitness Studio Nylstroom, 32 Swartwitpens street.
Entry Fee: R150

*Bring a friend* and double the fun! 👯
All fitness levels welcome — it’s all about having a blast, challenging yourself and helping animals in need!

Come smash the course, and support a great cause!

Prizes, vouchers, bragging rights, and lots of good vibes up for grabs! 🏆

🐾 Beroepeweek by Kleinmagetryn! 🐾Ons veearts, Dr Stephen Ge**er, het die voorreg gehad om die kinders by Kleinmagetryn K...
12/05/2025

🐾 Beroepeweek by Kleinmagetryn! 🐾

Ons veearts, Dr Stephen Ge**er, het die voorreg gehad om die kinders by Kleinmagetryn Kleuterskool te besoek tydens hul loopbaanweek! Hy het met groot entoesiasme meer vertel oor wat dit behels om 'n veearts te wees — en natuurlik was daar 'n paar spesiale gaste saam: twee oulike katjies, sy verdowingsgeweer én die bekende duikerskedel! 💉🐱💀

Dankie aan Kleinmagetryn vir die uitnodiging – wie weet, dalk is daar 'n paar toekomstige veeartse onder julle! 👨‍⚕️🩺🌱

Address

104 Thabo Mbeki Drive
Nylstroom
0510

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:30
Tuesday 08:00 - 17:30
Wednesday 08:00 - 17:30
Thursday 08:00 - 17:30
Friday 08:00 - 17:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27147175996

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nylstroom Dierekliniek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Nylstroom Dierekliniek:

Share

Category