21/04/2025
Help Feral Care Friends én Etta om 'n verskil te maak!
Op 26 April gaan Etta, 'n dapper vrou met 'n prostese been, die 21 km Loskop Maraton stap – nie vir haarself nie, maar vir ons katte!
Nie net is sy 'n ongelooflike inspirasie nie, maar Etta het ook 'n groot liefde vir diere, en veral vir die werk wat Feral Care Friends Middelburg doen. Sy gebruik haar moed en krag om 'n stem te wees vir die wat nie hul eie het nie – Middelburg se straatkatte!
Ons vra jou vriendelik om 'n borgvorm te neem en jou vriende, familie en werkskollegas te vra om per kilometer te borg. Selfs 'n klein bedrag per kilometer maak 'n groot verskil! Hierdie fondsinsameling is baie dringend en broodnodig – elke sent help met sterilisasies, kos en mediese sorg.
Kan jy vir Etta en FCF help om hoop te bring aan ons katte?
Kontak Charmain (0655822860) vir jou borgvorm – saam kan ons 'n groot verskil maak!