26/08/2026
🐾 PARVO: Beskerm jou hondjie en jou beursie 🐾
Augustus en September bring gewoonlik baie droë, winderige dae. Parvovirus (katgriep) is uiters bestand in die omgewing. Besmette ontlasting en klein besmette deeltjies kan aan stof, skoene, bande en hondepote versprei. Droë, sterk winde kan besmette stof oor kort afstande verskuif. Honde in nabygeleë erwe kan dus blootgestel word, selfs sonder direkte kontak met ’n siek hond.
Parvo kom veral by jong honde, gewoonlik jonger as een jaar, voor.
⚠️ KLINIESE TEKENS
🐶 Lusteloosheid en swakheid
🐶 Verlies aan eetlus
🐶 Braking
🐶 Erge, soms bloederige, diarree
🐶 Ontwater
🐶 Sterftes
💉 INENTINGS IS NOODSAAKLIK
🐕🦺Hondjies behoort op 6 weke, 9 weke en 12 weke ingeënt te word.
’n Volledige inentingsprogram is die enigste manier om die siekte te voorkom.
💊Ernstige parvogevalle benodig intensiewe behandeling tydens hospitalisasie, insluitend vloeistowwe, medikasie en voedingsondersteuning.
💔 Ongelukkig kan parvo dodelik wees, selfs met intensiewe behandeling.
💰 Behandeling kan ook duur wees, aangesien siek hondjies 3-10 dae intensiewe sorg benodig. Voorkoming deur inenting is baie beter as 'n platsak.
🌬️ Augustus en September is nie die tyd om jou hondjie se entings uit te stel nie.
🩺 Besoek jou veearts indien jou hondjie siek voorkom of indien sy/haar inentings nie op datum is nie.