03/11/2023
Hierdie stukkie nuus wat ek gaan aanhaal kon my inspireer nie dat ek veel inspirasie nodig het vir hierdie saak. Lees gerus die kommentaar en vrae van NamaquaRights onderaan en poog om hierop te antwoord.
🔐 The forum prioritized safe spaces for dialogue and emphasized digital security while attracting widespread global participation. It featured a dynamic 4-day hybrid model, incorporating plenaries, thematic discussions, and breakout groups. The culmination involved solidarity visits to communities affected by mining activities.
⚡️ With a focus on the "Right to Say No" and the "Nexus of Climate Justice, Just Transition, and Extractives," TSF-Mining 2023 was orchestrated by a diverse Steering Committee, uniting organizations committed to human rights, climate justice, and advocacy for affected communities.
📜 The primary objectives were to create a declaration, an action agenda, and an advocacy framework to advance the cause against mining and extractivism.
🌟 Rural Women's Assembly is proud to have been part of this global movement towards environmental justice and community empowerment! Stay tuned for updates and insights from this inspirational event. Together, we continue to stand for a sustainable and just future for all.
1) Waarom het Namakwaland nie 'n Vroue-forum, of enige forum wat uitsluitlik daarop toegespits is om myne in ons omgewing maar, veral, vir de Beers en Vedante, verantwoordelik te hou vir betekenisvolle sosiale investering in ons gemeenskappe?
2) Wat weet ons gemeenskappe van planne en watter toekoms beplanning doen ons gemeenskappe aangaande die aansoek om vir olie langs ons kuslyn te eksploreer? Of is dit weer 'n geval van politici wat toegelaat gaan word om eerste te skep en die krummels vir ons gemeenskappe oor te laat.
3) Wie lei ons gemeenskappe rondom 'n Mynwese Verklaring waarin aangedring word dat Namakwalanders se regte op die minerale in ons grondgebied moet realiseer deur, ten minste, betekenisvolle sosiale investering.
4) Waarom het Namakwaland nie 'n Aksie-georiёnteerde agenda om die voordele van ons minerale op te eis?
Namakwaland ontbreek ook 'n 'advocacy framework'/raamwerk om ons stryd vir die erkening van ons mineralregte te bevorder. Wie gaan ons lei?
Laat ons gerus u kommentaar hoor.