06/09/2020
Jy moet aanhou veg Kenny, daar is nog baie goed wat ons weer saam moet doen, perdry, saam koek bak vir jou verjaarsdag, ons uitstappies KFC toe saans as ons nie lus is vir kosmaak nie en jou hulp met die honde. Jou woorde aan my : "Jy moes nooit opgehou het met die telery nie, dit gaan moeilik wees om weer te begin, maar ek weet jy sal 'n sukses daarvan maak" was baie spesiaal vir my. Ons almal, die hele boerboel gemeenskap spreek vandag Lewe en Gesondheid uit oor jou in die Naam van Jesus, Amen