15/05/2026
💔 Lilly soek dringend ’n nuwe huisie… 🐾
Hierdie pragtige meisie se naam is Lilly.
Sy is net 2 jaar oud en ongelukkig moet haar familie verhuis na ’n plek waar sy nie saam mag gaan nie. 😔
Lilly is: 🐶 ’n vriendelike dogtertjie
🐶 Ingeënt
🐶 Lief vir kinders
🐶 Goed gemanierd en liefdevol
Sy verstaan nie hoekom haar wêreld skielik verander nie…
Een dag het sy nog haar mense en haar huis gehad, en nou wag sy dat iemand haar weer kies. 🥺❤️
Kyk net daai ou oortjies en sagte ogies…
Lilly soek nie perfek nie. Sy soek net liefde, veiligheid en iemand wat haar deel van die familie sal maak. 🏡✨
📍 Doornpoort, Pretoria
🙏 As jy dalk vir Lilly ’n veilige en liefdevolle huisie kan gee, kontak asseblief:
📞 Reinette: 083 767 6345
🐾 Of kontak 4 Paws Haven:
📞 Madelein: 079 679 8165
📞 Marizan: 079 874 3875
Deel asseblief hierdie plasing. Iemand daar buite wag dalk vir ’n hondjie presies soos Lilly. 🤍