20/03/2017
n Groooot onverskoning aan al Windgat Honde Salon kliente en hul honde kinders vir die gewag en dat julle sukkel om my in die hande te kry. - my whatsapp was buite werking, maar is nou weer reg. Ongelukkig is die Honde Salon tans sonder ' n gebou. Ons is nog opsoek na 'n geskikte perseel/gebou in 'n veilige,rustige en diere-vriendelike omgewing, so laat weet asb as u weet van iets.. Ongeag of jou vierpotige vriend ’n klein hondjie of ’n groot hond is, lang flapore het, punt-neusies of plat gesiggies het, steekhaar, lang of kort hare het, elkeen van hulle is vir ons spesiaal en hul verdien daardie pamperlang of haar trim en natuurlik hoef hul nie die “pet-dicure” mis te loop nie, daarom skeer ek tydelik die hondjies van my huis af.. Alle hondjies word by hul huise opgelaai en weer afgelaai - geen ekstra kostes! Maak nou jou woeff se afspraak. Windgat Honde Salon(Paula) - 073 950 8956