
24/04/2020
Pickles
Brooklyn in Pretoria is stil. Een foto, van die verlate state - inperking staat. Atwoord: Nee, issie. Brooklyn is maar altyd so. Ook vandag.
Maar is bo die stilte wat bo ons hang, is vandag méér, soos Heilgheid wat selfs voëltjies tot stilwees sweer, ook Poedels en Bella se lawwigheid.
Dit kriewel langs my ruggraat af, Pickles is terruste bo-op ma Lady Linca se gebeendere.
Sy’t laaste twee weke net agteruit gegaan. Jy’t het agtermiddag op die mat het by die deur gelê. Ek was te laat met jou rog-avo broodjie. Van dit en my met moeite uitgeloop jou slaapplek toe. Buite my bereik, ’t ek my hulpeloosheid met wrewel ervaar. Ek moes vrede het met jou kos en vars water - al ’t ek toe meer as gevoel, reeds binne nog ‘ a bulldog se ore moet gekrap word, baas,’ was jou sensasie heen.
En vanoggend toe jy nie jou tyd inkom nie, is ek getroos jy slaap. EN toe soos bom: “Sir, Pickles is no more.”
Te vroeg, te vroeg. Net nog 2013 ná my eie huisarres ’t jy slegs drie-kwart die bak van my hand in my lewe kom lê. Net jy en jou boetie, die laaste van Lady Linca. Boetie is af Kaap toe dear kampioen word. Maar jy’t desondanks my hulploosheid aan my sy gebly - so sonder dat ek dit toe kon weet, as Voorsieningheid van Bo.
Ek ’t sakdoek oor my gesig op die bed Bradon Bayes se Emotional Journey ga loop lê. Tot bedaring tien trappe of getrap en onder tussen lower groen op die bank tussen twee damme ge ga sit. Een met vissies en die ander met waggelende eende agterna hulle se ma. En toe gewag:
Die eerste emosie stoot in my op: spyt en verwyt. Dat ek nie meer vir jou gedoen ’t nie. om daai stemme van ‘toe’ vir jou met verskonings weggeredeneer. Spyt dat ek die hadedas moes verskrik, wat jy so kon vang. Spyt van my elke oggend se geteem: Liewe donner moet jy nou die poedels se water binne kom sta, moet drink. Wyl skoon koel water buite staan.
Ag die verwyte is te veel, om nie elke dag jou ore te krap nie. En dan jou opgetrektheid om te moet plek maak as ek moet kom werk. Ek ervaar en belewe dit intens, dan laat ek die gaan en wag . . .
Hier kom die tsoenamie vanuit my voete op, dankbaar jy om in my moeilikse tyd om aan alleen gewoond te raak, altyd in my my sig te wees. Langes my om al slapende iemand te wees om my diepste, diepte in my, met jou te deel. Dankbaar dat ek jou altyd kon vertrou, om jou babas by jou te laat bly en mooi self groot te maak - weg van mense wat beter weet, het ek oopdeur geslaap dat jy vrylik tussen hulle in die badkamer se kamer en buite toe te beweeg. Om te sien hoe jy hulle dra, die lastige enetjie die dag hier uit die sandbak son, kamertjie toe. En wat die klits nie ophou kerm jy, haar weer gaan haal en aan sy boud ongeskonde oor die sandbak son in trek. Om toe, jou ouer suster Zaan agter die glasdeure waag verby te loop, jy altwee deure met geweld uit hul gleuwe plat te spring.
Weer nog wag. Vrees stoot op. Engte vrees. Wie is nou mee vir my om te praat, wie ken my storie soos jy, my liewe kameraad. Hoe maak ek nou, hoe en boonop die gemis van joe gewoontes, om as ek loop lê jy op die Oriental carpet langs my bed by my te lë. Troos dat tyd genees in my omstandigheid is ’n ewigheid. Verlange word aanvaarding langsaamaan is vér. Ek is benoud vir nóu.
Maar ja. Ek onthou tog dat ek my ook kon troos om jou van my ma te vertel en ek het dit so baie daarna in jou gesien. Wees net rustig, kyk om jou om. En my bevoegsel: Stay in the moment. Terug is spyt en verwyt. Vorentoe is onsekerheid. BUT nowhere than in this moment, dis al wat jy het. En voel mens dis genoeg.
Brooklyn is nog steeds stil, die heiligheid maak dit mooi, die bome. Maar hier van alles van ons Skepper is vir my niks mooier gewees nie Pickles, as jy. Ekke in die oomblik. In díe oomblik. En die oomblik.