15/06/2023
* ALL PETS TRANSPORT *
en hulle diens soos ek dit persoonlik beleef het.
MY VERWYSINGS RAAMWERK, MY WAARHEID, MY ERVARING
Ek het n behoefte om n baba hondjie van 8 weke van Pretoria, Centurion na Gouritsmond toe te skuif. Soos enige persoon wat n liefde vir diere het begin die navorsing en soek ek die beste opsie vir my nuwe baba. So word daar op n paar opsies besluit en elkeen word gekontak, met n prys verskil tussen R1500 - R2500. Onder ander
* ALL PETS TRANSPORT *
Ek het n telefoon gesprek met n dame, Karin, gehad wat vir my mooi verduidelik dat hulle n 24 uur diens is die drywers van die bussie slaap nerens oor nie hulle werk skofte en slaap dus in die ry om die b***t. My groot vraag is hoe lank gaan my baba woef in die hok op die bus wees, want ek kan net d**k aan die die stres en trauma wat so klein baba nou moet deurgaan. Daar word vir my in geen onduidelike taal verseker dat dit nie meer as 24 uur is nie want, ..."ons is n 24 uur diens jy weet"..., nou maar goed dit klink vir my reg, al is hulle die duurste opsie, is my behoefte om my baba sou gou as moontlik by my te kry. Dus vra ek weer net vir ingeval die dame my behoefte verkeerd verstaan het, ry die baba dan oral saam vir die ander besprekings, of hoe werk dit dan, ..."nee, se sy, jou baba gaan laaste opgetel word en dan binne 24 uur afgelewer word..", sy se verder ..."ons vra 3 dae se kos vir ingeval daar n pap wiel is of die bus breek dan is daar genoeg kos en nie n probleem nie"... Nou maar goed ek voel gemaklik en doen n bespreking en betaal. My baba word 11 Junie 2023 om 20:00 opgelaai. So begin die horlosie stap en my senuwees is gedaan, maar is mos verseker dis net 24 uur, so wag ek in afwagting en opgewonde vir my baba om huis toe te kom, sodat ek haar kan vashou kos en liefde kan gee en sy die lang ry kan vergeet.
11 Junie 2023
1 UUR IN DIE HOK
Om 21:01 kom die boodskap in
The ROUTE will resume from Leeufontein. Tomorow at 8h00. Everybody can go to sleep. Have a good night's rest. Thank you
Met die wete die drywers slaap nerens oor nie so 12 ure sit of almal in die bus met my woef in die hok of die diere is alleen in die bus either way dis 12 lang ure wat niks gebeur nie!!!
12 Junie 2023
9 URE IN DIE HOK
05:55 kom die volgende boodskap verwys dat na 08:00 sal nuwe skedule met tye gegee word.
Hoekom die skedule kort kort gewysig word verstaan ek nog nie.
Ek kontak vir Tiaan van Zyl om te hoor wanneer ek my baba by die huis kan verwag. Hy het sy nr op die whatsapp groepie gegee so ek voel gemaklik om gou te hoor.
"Dit sal omtrent 3 dae neem"
WHAT !!!!
Ek is hewig ontsteld want dit is nie wat vir my gese is met my navraag nie. Nie langer as 24 uur nie is uitdruklik vir my gese ? Nou wil ek net my baba by die huis kry veilig en gesond.
09:57 die volgende ETA boodskap.
12 Junie 2023
14 URE IN DIE HOK
En NEE my woef is nog nie oppad huis toe nie, sy gaan letterlik n Kaapse draai maak, want dis waarna die skedule oppad is, my hart sink in my skoene my arme baba, dis erg baie erg vir my. Dit is glad nie hoe die prentjie geskets was toe ek navraag gedoen het nie, GLAD NIE.
13 Junie 2023
29 URE IN DIE HOK
00:51 kom die volgende vrandering deur, ai wat gaan nou aan, die program gly en lyk anders as die vorige een.
Dis n lang aand van wonder en worry.
08:27 - 36 URE IN DIE HOK
Ek vra vir feedback hoe dit met my hondjie gaan, daar word uit sy eie uit belowe om n video te stuur, net om 09:45 n voicenote te kry van hulle is net te besig en kan nie n ETA of n video stuur nie.
Ek het nie vir n ETA of n video gevra nie net hoe dit deur die nag met my baba gegaan het, ek voel onrustig want waar kom die ongeduld en verdedigende houding nou vandaan??
Ek vra wanneer maak die trip klaar want ek kry die gevoel nuwe bookings word so langs die pad ingedruk die dat hulle van bakboord na stuurboord die land vol ry. Die 10 dae eindig 15 Junie 2023, maar daar word gese hy is net die drywer en kan nie vir my se nie, maar hulle ry tot alles klaar is.
Ek weet nogsteeds nie of sy eet en drink en of sy okey is nie, geen terugvoer nie net dat alles is fine op n voicenote, dis darem beter as niks maar maak my nou meer onrustig, want volgens die drywer is hulle te besig en te haastig vir n 20 sekonde boodskap, watse aandag word aan my hondjie afgestaan wat ten duurste betaal het vir haar hok waarin sy nou al vir ure sit?.
13 Junie 2023
11:44 - 39 URE IN DIE HOK
Nuwe ETA word geggee
NEE my baba is nog nie naby die huis nie, 25 uur van nou af wat 14 Junie 2023 om 13:00, sal hulle miskien 400km van my huis af wees, my hart breek vir my baba, ek glo dit nie regtig!
13 Junie 2023
12:35 - 40 URE 30 MIN IN DIE HOK
Weer word ETA gewysig nou is dit 14 Junie 2023 om 15:00 sal hulle 400km van die huis af wees, die program gly met 2 ure !!
13 Junie 2023
12:56 - 41 URE IN DIE HOK
Die volgende boodskap.
We apologise for the inconvenience
The Route is currently under revision
The Route still remain's the same
And will be posted again shortly
Have A Pawsome Dayš¾
13 Junie 2023
16:02 - 44 URE IN DIE HOK
Volgende ETA word gegee:
En weereens is daar n paar ekstra bedprekings wat by gekom het en NEE my baba is nog nie oppad huis toe nie...
Ek weet nogsteeds nie of my hondjie geeet en gedrink het nie ek weet nie of haar hok skoon is en of haar kombersie droog is nie. As jy n maatskappy nader wat diere vervoer doen jy dit met alle vertroue dat hulle ook lief is vir diere en hulle hul welsyn net so hoog op prys stel en jou as klient se hart verstaan, n video is 20 sekondes n foto nog minder tyd, ek glo enige eienaar wat wag vir n baba woef is bekommerd en wil graag weet hoe dit gaan, maar die maatskappy wat beweer hulle dra jou en jou diertjie se belange op die hart is te besig om n kort update te gee.
My hart gaan uit na my baba wat so lank al in n hok sit en nie weet wat aangaan nie weg van haar mamma en omgewing wat warm en bekend was verruil vir n koue kliniese hok sonder enige interaksie behalwe die bakkie kos en water, (wel ek hoop so), alleen...
14 Junie 2023
08:02 - 60 URE IN DIE HOK
Nog nie weer n woord gehoor hoe dit gaan met my baba woef nie. Die live location wys hulle is 4 ure agter met beplanning op die program, dis 4 ure langer wat my baba in daai koue hok moet sit. Hulle het geen kommunikasie met die kliente om hulle gerus te stel of net op hoogte te hou van wat aangaan nie. Nie soos op die terms en conditions geskryf staan nie. Net die live location wat met rukke glad nie aan is nie.
14 Junie 2023
09:04 - 61 URE IN DIE HOK
Ek vra vir Tiaan wat die roetes uitwerk of hy vir my n idee kan gee wanneer my hondjie afgelaai gaan word....
14 Junie 2023
09:44 - 61 EN 28 MIN IN DIE HOK
Hy laat weet my more oggend, dan gaan my baba 82 UUR in die hok wees, my hart breek.
14 Junie 2023
10:41 - AMPER 63 URE IN DIE HOK
kry ek n boodskap na ek gevra het hoe dit gaan...
"Yes sy is nog fine, raak biekie lank maar sy hou nog mooi uit ek will haar net by jou kry so gou as moontlik..."
Ek kan net d**k hoe gestres sy is dis regtig in my oƫ wreed en onmenslik om so klein hondjie so lank afgesonder in n hok te los!!
14 Junie 2023
20:03 - 72 URE IN DIE HOK
Ek kry n boodskap die program het weer gegely dit is nou nie meer 06:00 nie maar 07:00. My hondjie is dan 83 URE in daardie hok.
Die mense kom net nie na wat hulle se of selfs op papier sit nie !!
15 Junie 2023
08:06 - 84 URE IN DIE HOK
Ek kry n boodskap om hulle langs die pad te kry want door to door soos hulle adverteer werk nie nou meer vir hulle nie. Hulle diens is wraggies nie wat hulle bemark nie.
Ek het my pin location gestuur voor ek die invoice gekry het, so hoe kan daar nou gese word nee jammer ons gaan dit nie doen nie, maar ek ry graag want ek wil net my baba uit daai omstandighede kry so gou as moontlik.
15 Junie 2023
09:07 - 85 URE IN DIE HOK
Ek het my baba in my arms. Ek was nie voorbereid vir wat ek gesien het in die bus nie. Dit was hok op hok gepak met verskillende tipe diere van voels tot hondjies was erg om te sien hoe die klein hondjies krap en byt teen die yster van die hok en tjank toe hulle ons sien. Hulle wil net so graag uitkom.
Hulle moes 3 hokke uit dra om by my baba se hok uit te kom.
Dit was die ergste ervaring wat ek gehad het van diere vervoer, ek hoop om nooit weer enige diertjie deur so iets te sit nie.
Ek het onmiddelik toe ek in die bakkie klim vir haar water gegee en sy het so baie gedrink en kort kort tot by die huis. My baba was so honger sy het die pilletjies wat ek haar gegee het met groot happe sommer heel ingesluk.
Ek kry n oproep van Tiaan, wat vra is alles reg want hy sien hulle het langs die pad afgedraai (nie seker wat hy bedoel nie maar ek het nie regtig iets om nou vir hom te se nie) en het ek my hond gekry , ek antwoord kort en se net ja ek het my hond gekry, hy vra of alles reg is en ek se vir ek sal eers kan sien as sy geeet en gedrink het of alles reg is met my hondjie.
Met die wete dat hulle nie haar kos vir haar gegee het nie, want ek het die kos wat die teler vir die 3 dae saam gestuur het, soos deur All Pets Transport versoek was, self oopgemaak, tot nou toe nie weet wat sy geeet het nie, en weet ek dat enige iets nou met haar magie kan fout gaan. Met die prentjie van voels en verskillende tipe spesies diere saam agter in die bus, vars in my geheue, kan ek nie met sekerheid se dat my baba NIE n gogga opgetel het nie. Dus neƩ ek sal eers kan sien of sy eet en dan of sy die kos inhou voor ek kan se my baba is okey.
Vir nou is ek NIE okey nie my hart is seer, seer vir my baba wat 85 URE in n koue hok sonder liefde of aandag moes sit vir so lank en ook vir die ander hondjies wat so getjank het, wat net so graag ook uit wou uitklim saam my baba.
Dis wreed ...
Nooit, NOOIT weer sal ek een van my babas met pad vervoer enige plek heen ry nie, my persoonlike opinie en my gevoel.